Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vriende wat ek ken het twee huiskatte. ‘n Mannetjie met die naam Matewis en wyfie met die naam Feetjievoet en hulle het altyd snags saam geslaap in die huis. Die mannetjie kat is later van ouderdom dood en hulle het hom agter op hulle erf begrawe. Hulle het seker gemaak dat die wyfiekat in die huis is sodat toe hulle hom begrawe sy nie weet waar die graffie is nie. Hulle kom daarna agter dat die wyfie gedurende die dag in die huis is maar nou skielik snags begin rondloop. Dit het hulle egter ‘n tydjie geneem om uit te vind dat sy nie rondloop nie maar elke nag op die graf van die mannetjie kat gaan slaap.

Dit is nou reeds drie maande na die mannetjie kat oorlede is en sy doen dit nog elke nag. Nou wat is dit anders as ware liefde. Of noem mens dit katliefde.

Nie eens ons as mense doen dit nie. Dan is daar mense wat se dat diere nie ‘n siel het nie. Hoe het die wyfiekat geweet waar die mannetjie begrawe was as hy nie ‘n siel het wat na sy dood vir sy wederhelf die plek van sy graf aanwys nie?
Hoekom vertel ek dit?
Die lewe is maar kortstondig en ons word tyd daarin geleen. Somige langer as ander. Dit maak nie soseer saak wat ons in die lewe gedoen het nie, maar vir watter goeie dade ander ons sal onthou en hoe lank hulle ons daarvoor sal onthou.

Die wyfiekat het die mannetjie daarvoor onthou dat hy nie gaan rondloop het in die nag nie, nee hy het rustig by haar geslaap en sy het hom daarvoor onthou al is hy reeds drie maande dood. Dit is dalk meer as wat ons as mense doen. Miskien moet ons as mense iets gaan leer by diere oor hulle getrouheid aan mekaar en gertouheid aan hulle base.

DIT IS ‘N BAIE HARTSEER STORIE !!!!! MAAR KOM ONS LUISTER BIETJIE HOE FEETJIEVOET HAAR EIE STORIE VERTEL TERWYL SY SO OP HAAR STOEP VERHOOGIE SIT EN ONS DINK SY SIT NET EN STAAR IN DIE NIET.

Matewis hier sal ek elke dag sit en dink aan die goeie tye wat ons saam gehad het. Dit voel nog steeds soos gister asof jy hier styf langs my sit as ek bedags hier op ons ou stoepie sit. Soms het jy my so ‘n lekkie hier en daar gegee met jou lang nat tong net om my goed te laat voel en te wys hoe lief jy vir my is. Jy was altyd so getrou aan my en elke nag by my in ons kattebed geslaap en nooit, maar nooit gaan rondloop in die nag of met ander katte gaan ringkink nie. Styf teen jou lyf het ek altyd veilig gevoel as ons snags styf teen mekaar gele en slaap het. Ek weet jou lyf is nou nie meer hier nie, maar ek weet ook in gees is jy nog met my elke dag totdat ek eendag by jou aansluit.

Ek gaan nog elke nag op jou graf le, want dan voel ek dat ek steeds naby aan jou is. Ons weet ons baas en nooi is baie goed en het baie mooi na ons gekyk en ons versorg oor die jare want hulle is baie lief vir ons. Hulle het dit net goed bedoel toe hulle my in die huis toegesluit het sodat ek nie kon sien waar hulle jou begrawe nie, maar hulle het vergeet dat ons katte mos ‘n spesiale sintuig het om te weet waar die ander een is, al is hy nie meer in lewende lywe nie.

Ons baas en nooi verlang ook elke dag na jou, want hulle praat sommer ‘n paar keer op ‘n dag nog van jou en dan kan ek die hartseer in hul stemme hoor. Hulle wou aanvanklik vir my ‘n ander maat gaan soek het, maar het gelukkig daarteen besluit toe hulle agterkom dat ek nie snags gaan rondloop nie maar steeds getrou is aan jou en op jou graf gaan slaap in die nag.

Ek sal dit bly doen uit dankbaarheid teenoor jou dat jy getrou was aan my en elke nag net by my geslaap en warm gehou het. Ja ek sal maar hier op ons stoepie sit en droom oor die goeie tye wat ons saam gehad het en weet dat jou gees hier langs my sit.

Ek sal getrou bly aan jou totdat ek eendag by jou aansluit, net soos wat jy getrou was aan my toe jy nog geleef het. So sal ek maar elke dag deur die dag hier op die stoepie sit en verlang na jou.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Katliefde
'n Mooi vertelling...'n Les te leer vir ons mense...
4 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


Katliefde
Ja, regtig . . . dit wys jou net dat die liefde groter en dieper is as wat ons ooit sal begryp.
4 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 21 ure oud


Katliefde
Wel, dis beslis nie kalwerliefde nie! Pragtige siel-raak en warm-hart storie! Dankie vir jou bydrae tot die tema!
4 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


Ano
Kat
Ag, dis dierbaar. Ek dink natuurlik dat elke dier ook gevoelens het en baie meer verstaan as wat ons bereid is om van hulle te verstaan.
4 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud


Katliefde
Kaaitjie kraai
want Tewis
Matewis
Is in sy se maai

Ek huil sommer saam

Thankie !
Snik-snob-snik

Regtig
4 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud


foto 4
ai Schatz dit is nou n sielsagte storie... ja ons mense het baie by diere te leer
4 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


katte
Dis nou n dierbare verhaaltjie.
4 jaar 11 maande 3 weke 6 dae oud


kat
ai manm ek moes nou tissues nadertrek maar jy vertel nie oor nie hoor
4 jaar 11 maande 3 weke 6 dae oud


kat
Ai, schatz, dis nou die mooiste kat storie. My oë voel skoon natterig. Dankie vir so 'n mooi bydrae :-)
4 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar