Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die kombinasie van om ‘n Heat tydskrif te lees en dan nog op 5 fm hulle “chart show” geborg deur Heat en hulle advertensies te hoor het my laat besluit. Ek soek ‘n heatless vrou, iemand wat nie deur goed soos Heat en sulke nuus gedryf word nie.

Ek bedoel wie gee om of een of ander groot filmster ‘n nael gebreek het? Of my gunsteling, wie het puisies of het per ongeluk ‘n kilogram opgetel. Ek bedoel Sondagkoerant agterblad lesers kan as professors in intelligensie gesien word in vergelyking met mense wat Heat lees.

Ek vrees om te weet waaroor ek moet praat as ek met ‘n vrou moet deurmekaar wees wat belangstel in sulke nuus? Ek sal sit en my naels kou elke keer as sy haar mond oopmaak net om nie die moer heeltemal te strip vir die sub-amoeba gesprek.

Ek wens die etters wat hierdie goed skryf kyk met dieselfde oë na hulle self. As hulle dit gedoen het sou hierdie tydskrifte of nie bestaan het nie of hulle sou iets met meer vet (jammer vir die woorde keuse) daarin geskryf het.

Of selfs beter, as jy die leser wat in sulke nuus belangstel ook so oordeel soos hulle mense oordeel wat hulle nie self ken nie. Ek kan al die opskrifte sien, “Sannie het vandag haar 45’ste beskuit geëet na ‘n harde dag by die werk” of “Is Jan-Hendrik gay omdat hy skeer op ander plekke as die gewone man?”.

As jy weer deur ‘n tydskrif blaai en sulke oppervlakkige nuus raaksien en dit wil lees, kyk eers na jouself en of jy die nuus toets sal kan slaag.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Amen.
10 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud


lmfga!! dankie tog ek steur my nie aan sulke onnodige ka..uhm...nuus nie. hehe
11 jaar 10 maande 1 week 6 dae 6 ure oud


Jax
hehe
Haha!!!!!!! Well said!
13 jaar 2 maande 1 week 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar