Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Almal sal saamstem, eet is lekker. En om te eet is om te proe.  Vat die smaak weg dan word eet 'n straf. Vra maar ouens met chroniese medikasie. Pilsluk word 'n straf. Dankie Here, vir smaak. Ons proe die sout, suur, bitter en die soet van al die heerlike kos wat U gemaak het.

Van die begin af, nog voordat God die mens gemaak het, maak God kos. In Gen 1 se God: "Ek gee aan julle al die plante en bome wat saad gee, dit sal julle voedsel wees". Dit was pardyskos. Riviere vol suiwer, soet water, groente en sappige vrugte. Tot vandag toe, die gesondste kos. Vra maar vir Daniel en sy vriende.

In die OT gee die Here duidelike kosinstruksies. Moses aan die volk: Eet al die herkouende diere met gesplitste kloue, al die diere in die water met vinne en skubbe, pluimvee, duiwe, kwartels en sprinkane. Maar diere wat nie herkou en geen gesplitste kloue het nie, ja, die kameel, das, haas en vark mag julle nie eet nie. Dit geld ook vir ongediertess en goeters in die water sonder skubbe, al die voels van die hemel en grillerige goggas. Dit is 'n gruwel, julle mag dit nie eet nie.

In die NT gee Paulus nuwe voedsel riglyne: Eet alles wat in die slaghuis verkoop word, sonder navraag, ter wille van die gewete. Vandag is dit 'n waagstuk. Laat my dink aan die ou dame en haar skoothond wat Sjina besoek het. In die klein dorpie kon geen sterfling engels praat nie. Nog minder het die ou dame sjiinees geken. In die eethuis bestel sy met baie handgebare kos vir haarself en beduie die kok om ook vir haar hondjie kos te gee. Uiteindelik verstaan hy. Hy neem die hondjie op haar skoot en verdwyn in die kombuis. Na 'n lang wag kom hy uiteindelik terug met 'n groot skinkbord. Trots sit hy dit voor haar neer. "Skoothond ala China"!

Van onreinkos gepraat. Onthou julle Petrus se visioen? Uit die hemel daal 'n groot laken vol wilde diere en voels neer. Toe beveel 'n stem: Staan op Petrus, slag en eet! Petrus was erg beswaard. Hy het nog nooit iets onrein oor sy lippe gehad nie. Die stem se: Wat God rein gemaak het, mag jy nie ontheilig nie. Eers later begryp Petrus dat die gesig heenwys na evangelie verkondiging aan heidense nasies. Ook aan Esegiel demonstreer die Here sy volk se onreinheid. Esegiel moet garskoeke op mensedrek bak. Esegiel was verontwaardig. Nog nooit het hy aas of bedorwe vleis geeet nie. Toe se die Here: Kyk, Ek gee vir jou beesmis ipv mensedrek; maak jou brood daarop klaar. Hierdie twee verhale openbaar God se humorsin. Ek dink Hy het lekker in sy mou gelag oor Petrus en Esegiel se verleentheid.

Maar die Here het ook raad vir depressie. Toe Israel in die woetyn so depressief was oor die visse, komkommers, preie, waatlemoene, uie en knoffel wat hulle in Egipte verniet gekry het, stuur die Here vir hulle manna en kwartels. Ook toe Jeremia depressief onder die besembos le, sorg die Here. Hy stuur 'n kraai met brood en vleis. 'n Sekere dokter beweer dan ook dat daar niks beter vir depressie is, as 'n lekker stuk sappige steak nie.

Die Here het ook oorlewingskos gemaak. Sprinkane, en as jy nie allergies is vir bysteek nie, heuning. Vra maar vir Johannes die Doper. Hy het hom dik geeet daaraan.

In 1 Konings lees ons van koningskos. Koning Salomo was baie ryk. Sy voedsel vir een dag was: 30 kor (kor=220L) fynmeel, 60 kor meel, 10 vetgemaakte beeste, 20 veldbeeste en 100 stuks kleinvee. Dit was behalwe die takbokke, gemsbokke, gestippelde takbokke en vetgemaakte ganse. Ons moet in ag neem dat koning Salomo 700 vrouens en 300 byvroue gehad het. Nietemin dink ek dat die vetsugtiges  in SA nie 'n patch teen daai klomp was nie.

En wat van drinkgoed? Eers was daar net water. Later ook melk, vars, suur en dik. Maar Noag eksperimenteer vindingryk. Siedaar, uit die wingerdstok se mos, 'n dop met skop! Van toe af word wyn by elke bruilof bedien.

Op 'n ernstiger noot. Gewone arme mense het op die vloer gesit of aanle, as hulle eet. Die kos is in die middel geplaas. In 'n ryk huishouding en tydens 'n feesgeleentheid het gaste op 'n driekantige divan gesit en is die voedsel deur slawe bedien Die gasheer het tweede van regs gesit met sy gesig na die oopkant van die tafel met plek vir twee eregaste langs hom. Tydens 'n eenvoudige maaltyd is plat brode as lepels en borde gebruik. Met die toeggevoude brood het hulle die kos uit die skottels geskep. Brood is in asyn en kruie gedoop. Die oorblywende krummels is gebruik as servet om hulle vingers mee skoon te maak en ook aan die bedelaars gegee. Dink maar aan Lasarus wat die krummels van die ryk man se tafel geeet het.

Vir feesdae en sabbatte is die beste bekostigbare spyskaart voorberei. Die vetgemaakte kalf is slegs vir 'n feesmaal geslag. Vleis is net op die sabbat deur ryk mense geeet. Wyn was algemeen. Dit is ritueeel gebruik vir sabbatsherdenking, vreugdeolle geleenthede, feeste en medisyne. Paulus skryf aan Timoteus: Moenie langer net water drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn vir jou maag en ongesteldhede. En Jesus se:  "Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle se:  daar is 'n  mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars". Vrugte soos olywe, druiwe, dadels, granate en vye was volop. Daar was ook neute, kruie en speserye. Ons lees van amandels, kruisement, koljander, kaneel en mosterd. Verder was daar koring, gars, bone, lensies en verskillende suiwelprodukte.

Ons Here Jesus groei op in Nasaret, Galilea. Sy eerste dissipels was vissermanne. Vis en brood was die stapelvoedsel. Jesus leer sy dissipels: "Gee ons vandag ons dag se brood".

Die eenvoudigste kos wys simbolies heen na die ewige lewe.
Water: Afwassing van ons sondeskuld deur Jesus se offer.
Brood: Jesus as die lewende manna wat uit die hemel neerdaal. Sy liggaamsbrood vir ons gebreek.
Wyn:  Jesus se bloed vir ons gestort.
Vis: Jesus as die eerste groot Visserman. En na Hom, gelowiges as sy dissipels, wat die evangelie aan die wereld verkondig om visse vir Jesus te vang.
Vrugte: Deur die vernuwing van die Heilige Gees dra gelowiges goeie vrugte wat by hulle bekering pas.

God se vraag is:  Wat eet jy? 

En hoe pas jy God se voedselsimboliek in jou elke-dag-lewe toe?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gee
Hier gee jy ons van dag 'n heerlike geskrewe broodjie.
Ek eet als wat lekker is of wat beskikbaar is wanneer ek honger is. Niks wat ek in my mond sit verander enige iets aan my verhouding met Jesus nie.
Ek eet baie graag brood en wyn ter herinnering en dankbaarheid aan die Kruis.
6 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud


Insiggewend
Dankie vir die goeie opsomming.
As ek uit my leke-oogpunt iets mag byvoeg:
Vind vreugde in jou daaglikse brood. Vind vreugde in die verdien daarvan, die voorbereiding daarvan en die eet daarvan.
Alles in matigheid. (Nie dat EK noodwendig weet wat DIT is nie..) :D
As mens nie vreugde uit kos kan put nie, is ek seker mens sal ook nie uit ander dinge vreugde kan kry nie, want dit is seker die mees basiese behoefte van lewe.
6 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar