Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


’n Feestyd soos dié wat voorlê kan een van twee dinge doen: dit kan so volgeprop word met dinge, dat ons moeër aan die ander kant uitkom as wat ons voor dit was. Of dit kan ’n geleentheid wees om weer te kies om die belangrikste dinge in ons lewe voorrang bo enigiets anders te gee.

In Oktober vanjaar het die Here my in ’n hoek vasgekeer en gekonfronteer met sekere realiteite in my lewe. Hy het my dinge gevra soos ...

•      Hoekom het ek die afgelope maande soos ’n slaaf 15 tot 17 uur op ’n dag gewerk, al het ek gesê ek het dit vir Hom gedoen
•      Hoekom is ek die hele tyd so gestres en gespanne, dat ek nie eers in ses dae weg met vakansie behoorlik kon afskakel nie
•      Hoekom werk ek tot so laat dat in die oggende nie behoorlik uitgerus en vars kan opstaan nie
•      Hoekom is my eetgewoontes so ongedissiplineer en hoekom oefen ek hierdie liggaam van my gereeld nie

Daarom het God my op ’n de-toks gesit van 1 November af. En Hy het nog glad nie gesê dit moet ophou nie.

Al wat ek vandag (10 Desember) kan getuig is hoe dit my hele lewe verander het.

Maar kom ek vertel jou in hierdie laaste paar nuus briefies hiervan. Beskou dit as my eindjaar persent aan jou. Ek belowe jou, as jy dit gaan doen hierdie feestyd, gaan dit jou lewe radikaal verander. Ja, gaan dit 2016 radikaal verander.

1.      Alles begin as jy tyd maak om aan Jesus se voete te gaan sit met ’n oop en sensitiewe gemoed

In Jes. 40:30 en 31 staan daar: Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou (“wag” staan daar eintlik in die Hebreeus), kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

Ja, die Here het my gedwing om ’n keuse te maak om van nou af vroeër te gaan slaap, sodat ek sonder ’n alarm en uitgerus vroegoggend kan wakker word. Dan staan ek op, voor enigiemand anders op is en in die stilte van die vroegoggend spandeer ek en Hy dan tyd saam.

Dit is wanneer ek elke dag Sy Woord neem en met ’n oop en sensitiewe gemoed luister na wat Hy vir my wil sê vir vandag.

Dan sê ek vir Hom vir so 3 minute dankie vir al Sy genade in my lewe – en ek probeer om nie myself een dag na mekaar te herhaal nie.

Dan spandeer ek ten minste 3 minute om mense na Hom toe te bring sodat Hy hulle kan seën uit hulle skoene uit, of sodat Hy hulle kan red en verlos van alles wat hulle bind en verhoed om die mense te wees wat God wil hê hulle moet wees.

En dan spandeer ek ten minste 4 minute om daardie dag na Hom te bring en met Hom te gesels oor Sy planne vir alles wat in daardie dag gaan gebeur.

Daarna gebeur daar soms die mees merkwaardige, onbeskryflike dinge. Wat alle verstand en logika te bowe gaan. Wat maak dat tyd ongesiens verbyvlieg en drie ure laat voel soos 3 minute.

’n Model vir gesels met God in gebed

1.      Raak stil
2.      Vra die Here om met jou te gesels oor die dag of week wat voorlê om watter wyse Hy ook al wil, of dit nou is deur ’n Skrifgedeelte wat jy lees of op enige ander wyse, soos prentjies of gedagtes wat by jou opkom.
3.      Skryf dan eenvoudig alles neer wat by jou opkom sonder om daaroor ’n oordeel te vel of dit van God af kan wees of nie.
4.      Begin nou dan dit wat jy neergeskryf het te toets en te evalueer. Onthou God is liefde en Hy is in die opbou-besigheid. Selfs wanneer Hy vir jou areas in jou lewe uitwys waaraan jy moet werk, is Hy so sag en liefdevol en wil Hy jou gedurigdeur bemoedig.
5.      Vra dan die Here wat dit wat jy ervaar, gehoor en gesien het, vir jou persoonlik beteken. Hoe raak dit jou lewe en wat moet jy doen in die lig daarvan?
6.      Dank die Here vir die feit dat Hy met jou gepraat het.
7.      Deel dit ook met ander gelowiges wat jy vertrou indien nodig.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

1
Dit was 'dankie'
3 jaar 11 maande 6 dae 6 ure oud


1
nkie vir die 1e geskenk vol waardevolle raad en leiding.
3 jaar 11 maande 6 dae 6 ure oud



WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar