Weergawe: 1
Aantal woorde: 812
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 06 Feb 2012
Rasionaliteit is nie die maatstaf van spirituele kennis en wysheid nie. Die grondslag van religieuse geloof is die transendensie van die self. Dit behels die omhelsing van en oorgawe aan suiwere idees geabstraheer uit die mens, rein gemaak van sy natuurlike behoeftes en ontkoppel van sy natuurlike oorsprong. Spirituele idees, volgens die beskouing, is onsterflike idees, en so geldig vir alle mense vir alle tye. As ewig is dit ook apart van die sterflike mens. Dit bestaan in ’n gebied buite die temporele en die ruimtelike, soos Plato se ideëryk. Die teïstiese mites verryk die abstrakte ryk van suiwer idees d.m.v. die inleiding van karakters en verhale tussen die koningryk van die heiliges en die aardse sondaars materialisties gekoppel aan die doderyk.
Die materiële dood is onafwendbaar, dus is die enigste ontsnaproete uit die ewige dood die geestelike uitweg na die ryk van ewige bestaan. Die verganklike liggaam huisves, volgens so geloof, ’n ewige komponent as die essensie van persoon wese. So idee blyk rasioneel, maar dit spruit uit die mens se lewensdrang. Die rasionele word oortuig deur die sinlike bewyse wat duidelik die persoon se voortbestaan heg aan sy liggaamlike oorlewing. Juis hier kom die geloof tot sy reg. Waar die rede die hoop verloën, word die hoop gered deur geloof.
Met so geloof as basis transformeer die ganse realiteit beskouing. Die aardse bestaan is tydelik, maar die mens se siel is ewig. Die slegte as kategorie is per definisie buite die ryk van die goeie. Die sondige mens word dus per definisie daarby uitgesluit. Tog oorleef die siel die dood, dus die teenpool ryk van die kwaad ontvang die gevalle siele. Die mens se aardse natuur lei alle mense tot die verdelg. Vir die mens om in heiligheid voort te bestaan moet sy siel gewas word van die kwaad. So taak is buite sy jurisdiksie. God self, as alleenheerser en finale regter, neem die taak aan as sy reg. So reinig god die mens wat hom eerbiedig en aanbid. Onderdanigheid en ontsag is die kenmerke van sy volgelinge.
Die mens se reële politieke geskiedenis vertaal die boodskap universeel. Orde kom met dissipline, vrede met mag. Konflik se oorsprong is die idee van die ander, die indiwidue of groepe afgesonder en uitgesluit van die self en die se groep. Samewerking bevorder oorlewing en mag. Hiërargie verskaf die struktuur vir bestuur en gerigtheid. Die rangskikking veronderstel leierskap en die se logiese verwesenliking in die heerser van die groep. Met die regverdiging van die jaloerse mag deur bonatuurlike verordening vestig en wettig die despoot sy bewind. Heel bo regeer een wie se mag onuitdaagbaar is en wie se oordeel jou uiteindelike lot bepaal. Dis die verabsolutering van die politieke bestek; die vervolmaking van die samelewings ooreenkoms.
Die teenkanting van geloof is dus polities gedryf. Mag se verbrokkeling en verdeling bedreig die tradisionele orde. Die westerse vryheid ideologie is die mondigwording van die indiwidu. Dis die aanvaarding van die verantwoordelikheid spruitend uit vryheid. Dis die verlossing van die lewe na die dood en die stilswye genoodsaak deur die politieke mag van gelowiges ten midde verbysterende uitsprake skreiend teen die nugtere. Die mens staan hier gelyk as waardige wesens en nie as mede sondaars as mislukkings.
Geloof is patriargaal en veroordelend. Verlossing word gebied in die vorm van ’n offer. God offer sy menslikheid op deur Jesus se kruisiging. Jesus as mens is die voorbeeld vir die mens. Die mens se goddelike wese verwerp die mag van die werklikheid en word verlos deur die dood as poort na die ewige lewe. Die wêreld is ’n fout. Die lewe moet oorkom word om volkome te lewe. Ons is terug by die transendensie van die self deur die ontkenning van die self met die vereenselwiging van die self met die transendentale as die self.
Die ontmensing van die mens is sy verlossing en saligheid. Om die aardse self so verdoem, word die enigste werklike aspek van die self finaal tot die dood veroordeel. Die self gewortel in die grond van sy materiële oorsprong word verwyd as die oorsaak van die onvolmaaktheid van die mens. Self haat skeur die mens in twee psigiese komponente. Die geestelike komponent verag die vleeslike dienskneg en bewerkstellig deur rituele die uiteindelike skeiding en verlossing wat slegs die dood kan bring.
Sielkunde floreer op die slagoffers van die geestelike spleet gepaardgaande die hunkering na die vlees se dood. Nugterheid is steeds ons beste antwoord.
Lees ander rubrieke deur Jacques De Villiers
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Piet Schoombie
Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.