Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

"Party dae sit en wonder sy hoekom...Hoekom ek? Hoekom is ek nie aantreklik nie? Hoekom kyk mans nie na my soos na ander nie? Hoekom is ek so alleen? Hoekom sukkel alles so?" - Anoniem

Aan haar wil ek die volgende se:

Dame jy moet mooi verstaan dat net omdat 'n boek op die boekrak le, dit nie te se is hy gaan gelees word nie...altans nie deur elke leser nie. Daar is geen rede om skaam of afgetakel te voel wanneer jy nie soveel aandag kry soos die res van die mense wat jy ken nie.

Jou skoonheid is dalk te duur...Niemand kyk regtig na die duur boeke nie want hulle is onbekostigbaar. Heg meer waarde aan die feit dat jy jou struikelblokke nou in golwe ervaar. Hoekom vra jy?
Jy is 'n sterk mensie wat soveel meer kan hanteer as wat jy dink. Reeds is jy besig met 'n opgehoopde bord van probleme wat jy bevraagteken. Die antwoord is dood eenvoudig...Jy word gebou en gevorm vir jou toekoms. Probleme bou karakter en laat ek jou nou se daar is geen fout in joune nie.

Elke mens is gebore met skoonheid, daar is werklik geen onaantreklike wesens nie. Party se skoonheid is egter dieper weggebere as ander sin. Dit is nie so om dinge vir jou onaangenaam te maak nie maar eerder om dinge vir jou makliker te maak. Want jy kan met alles binne jou weet dat die man wat diep genoeg kyk vir dit is defnitief die moeite werd.

Hy is die een wat jou op sy hande gaan dra maar terselfdertyd jou onafhanklik respekteer. Hy is die een wat jou soos 'n prinses en 'n slaaf gaan laat voel op dieselfde tyd. Hy is die man wat die boek gaan optel wat almal anders vermy het. En hoor vandag wat ek se...

Hy gaan die gelukkigste man op aarde wees en ander sal hom beny, oor die blom aan sy sy.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Gelukkig
Wanneer 'n mens leer om by jou uiterlike verby te kyk, kom die ware skoonheid tot sy reg. Laat jou hartjie skyn!
4 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 21 ure oud


man
Pragtige vergelyking hier getref.
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar