Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek hou die restaurant oorkant my huis dop. Dit is vakansietyd. Piet Cafe maak vandag weer sakke vol geld uit honger toeriste. Dan sien ek haar. Ou Tenk. Sy het vir ons wiskunde op skool gegee. Dit is sy, weliswaar baie ouer as toe ons op skool was, maar die waggelstappie en logge ligaam sal ek oral herken. Ons het immers onder haar tirannie deurgeloop soos wat die Jode onder Hitler gedoen het.
Op ‘n dag het sy weer gesukkel om wiskunde in ons koppe te kry. Dit was ongeveer ons standerd sewe jaar. Kosie kon maar net nie Ou Tenk se verduidelikings snap nie.
Dit is toe wat sy vir Kosie sê: “Jy sal nerens in die lewe kom nie. Jy is net goed om varke kos te gee.” Ons was almal geskok oor die verbale teistering, maar daardie jare het onderwysers Carte Blanche gehad om te sê en doen wat hulle wil.
Kosie het einde standerd agt uit die skool gegaan. Hy het homself by die hotelskool gaan bekwaam in ‘n restaurant rigting.
Jare later het ek Kosie weer raak geloop. Hy was toe eienaar van ‘n hele reeks bekende restauranate in ‘n hele paar dorpe. Skatryk, en hy geniet elke oomblik van die dag wat hy doen.
Hy vertel toe vir my dat Ou Tenk op ‘n slag by een van sy restaurante kom eet het. Hy reël toe met sy kelner dat hy haar tafel sal bedien. Kosie gaan groet haar en verduidelik wie hy is. Of sy hom onthou het, weet hy nie.
Toe Kosie die spyskaart oorhandig, sê hy vir haar: “Jufrou het mos in ons standerd sewe jaar vir my gesê ek sal eendag net goed genoeg wees om varke kos te gee. Hier is die spyskaart, wat kan ek vir Juffrou bring?”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar