Rubrieke

Titel: Giffies
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daars bedelaars en bedelaars en nie almal van hulle is verfoeilik nie. So is my ou hondjie as hy op sy agterent sit, met sy voorpootjies van die grond-af, en bedel vir ‘n oorblyfseltjie vir my te fraai! Die kat se bekkie wat oop en toe gaan wanneer sy vir ‘n bietjie aandag kom vry, lyk vir my te kostelik vir woorde. (Haar miaauw is gelukkig op ‘n toonhoogte waar my ore nie meer geluide registreer nie, so haar gebedel kan my nie irriteer nie!) Ek bedel ook soms vir gunsies, kortings ensofoorts, en sien daar niks mee verkeerd nie.

Wat my egter irriteer en sommer lekker die josie in maak, is daardie mense wat elke robot, stopstraat, winkelstoep en parkeeraria beman met òf ‘n plakaat om die nek òf sommer enige ander droewe tyding waarmee daar op my gevoel gespeel word. Die plekke en tyd word ook so fyn beplan dat daar net tyd is om beursie oop te maak en te gee! Ek moet darem bieg daar is ook tyd om NEE te sê.

Dis juis die neesêery wat my so skuldig laat voel – en daarvoor verpes ek die klomp! Ek kan nie bepaal wie regtig die ou randjie wat ek ook maar êrens moet afknyp, gaan gebruik vir die doel waarvoor ek dit gegee het, of wie gaan dit in die drankwinkel se kasregister laat beland nie. Trouens, ek dink nie dat enige persoon daartoe instaat is nie, behalwe die bedelaar self natuurlik en hy sal jou dit definitief nie sê nie!

Wil iemand nie maar die inisiatief neem en bedelaarspakkies opmaak en in winkels (of kerkbazaars) verkoop nie? Soos byvoorbeeld ‘n sak wat gerieflik in die motor, binne maklike bereik van die bestuurder, gehou kan word waarin daar in kleiner verpakking giffies soos rys, mielierys, pasta, mieliemeel, suiker ens gehou word om aan die bedelaars te gee. Dit sal my skuldgevoel dat ek geëet het en hulle dalk nie, in ‘n groot mate sus! Die bedelaar sal ook beswaarlik met ‘n koppie rys ‘n dop kan gaan koop. Kry hy dit wel vir kontant verkwansel, kom die koppie rys dan tog by iemand uit wat dit nodig het!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

My seun se les aan my
Skoondogter vertel dat haar man skielik weg was; met 'n wag-maar-eers-hier, het hy op die sypaadjie omgedraai en het drie minute later met 'n kardoes in die hand weer verskyn: Steak-and-kidney of curry-beef? vra hy vir die bedelaar wat nog daar staan en wag. Die origes het hulle huistoe gebring.
GvT
8 jaar 9 maande 1 week 5 dae 13 ure oud



Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar