Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek was self in die Dopper Kerk. Daar groot geword met al die gepaardgaande. Ek onthou die bohaai oor die hoede. Ma het my susters Hel op aarde gegee as hulle durf waag het om sonder hoed of sykouse Kerk toe te gaan. En nou, nou gaan sy self sonder hoed Kerk toe. Ek volg nie eintlik die dinge van die Doppers nie, maar is tog redelik op hoogte, want meeste familie is nog Doppers en praat graag daaroor. Ma, haar konserwatisme ten spyt, was maar nog altyd ietwat van ’n feminis. Nie so dat jy dit sal agterkom nie, maar tog as jy haar goed ken. So verneem ek toe dat dit nou finaal is. Geen vroue op die kansel, of ouderling banke nie. Dis glo volgens die geleerdes (almal mans natuurlik) Skriftuurlik die regte antwoord. Nou of dit nou reg of verkeerd is, oor een ding is ek bly. Hulle het eindelik standpunt ingeneem en BEELD se Neels Jackson kan nou oor iets anders skryf. Ek gaan ook nie in ’n debat daaroor betrokke raak nie, want daar is eenvoudig te veel standpunte. Ek praat gister uit pure nuuskierigheid met Ma daaroor. Sy antwoord toe afgemete dat sy dink daar is eintlik niks mee verkeerd om vroue in die amp toe te laat nie en dat Jesus immers laaste aan die kruis en eerste na die opstanding met ’n vrou gepraat het. Die argument verstaan ek nie heeltemal in die amp konteks nie, maar dit daar gelaat. Sy voeg toe by, dat haar beskeie mening is dat daar nog te veel Doppers is wat dalk nie gereed is vir so ‘n stap nie en dat sy dit nie in haar lewe (sy is oor tagtig) sal sien nie, maar dit kom. Sy voeg ook toe by, dit sal maar vreemd wees om ‘n vrou as dominee te sien. Kom ons kyk maar wat gebeur. Die wêreld en ons ou volkie is maar vreemd soms.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

GKSA vrouens
Ons oumense in die Hervormde Kerk het ook alewig die klaagliedere gesing as ons enigiets wat nuut of anders is, wil doen in die kerk. Toe hou ons vir hulle 'n 'outydse diens' op Oupa en Ouma-dag. Ek het 'n stokou maroen fluweel kansel-lap geleen, die diakens en ouderlinge het strikkies gekry en moes links en regs van die preekstoel sit, almal moes hoede opsit, ons het net die ou Psalms en Gesange gesing en teetyd was daar mekltert en koeksisters.

Die idee was om aan hulle te bewys dat, al verander dinge, al 'moderniseer' ons bietjie die gebruike en liedjies, ons glo nog dieselfde.

Ek dink hulle het dit gesnap, want nie een van die ouderlinge en diakens het meer swart pakke gehad nie, en dit was net ek (wat die dag gereël het) en een ou tannie doer in die hoek wat hoede gedra het...
10 jaar 4 maande 1 week 1 dag 4 ure oud


GKSA
Dis een van die redes waarom ek self weggeloop het uit die Dopper kerk. Met my rebellie het die res van my broers en susters dieselfde gedoen.

Ek verwonder my aan die brûe wat mense na God to bou. Almal dink hulle brug is die regte een. Daar is niks fout daarmee om 'n brug te bou nie, maar dis 'n fout wanneer die brug, i.p.v God aanbid word. Dis wanneer onverdraagsaamheid intree met botsende oortuigings. Tog aanbid almal dieselfde God, as hulle nou net oor die brug kan stap. Ag nee wat, in ons binnekamers is dit net God en jy. 'n Mens het nie 'n brug nodig nie. God ook nie.

10 jaar 5 maande 2 weke 6 ure oud


Het ook iewers gelees/gehoor dat dit OK is as 'n dokter (vrou) jou lewe red en dit is OK as 'n advokaat (vrou) jou bas red maar behoede jou as 'n predikant (vrou) jou siel probeer red!! Maar soos julle sê, ons wag en kyk maar!
10 jaar 6 maande 3 weke 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar