Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die God van die Bybel praat op baie maniere met mense, maar Hy praat veral met mense deur die 66 boeke wat ons in ons Bybel het.

As ons die Bybel in ons hand het, glo ek van harte, hoef ek nie eers te wonder of dit werklik die lewende God is wat self met my hier praat nie.

Iemand wat die tyd gehad het om sulke dinge te tel, vertel dat daar nie minder as 3800 keer in die Bybel staan dat dit God se Woord is of dat God self hierdie dinge wat hier staan, gesê het of laat neerskryf het nie.

Ek sê altyd vir mense dat die Bybel soos hierdie reuse TV-skerm is waarop God Homself as Vader, Seun en Heilige Gees aan ons as mense kom bekendstel en vertoon het. Daardeur ontdek ons wie God is en wat werklik in Sy hart is.

God praat natuurlik op baie meer maniere as net deur die Bybel met mense. Hier in Romeine 1 word ons selfs bewus daarvan dat God selfs deur die natuur en deur wat die mens rondom hom sien, mense bewus kan maak dat Hy ’n werklikheid is en daar is.

In die mees afgesonderde dele in die wêreld, waar ’n Bybel of die evangelieboodskap nog nooit gekom het nie, vind jy tekens dat die mense daar weet dat daar Iets of Iemand groter, onsigbaar, in beheer, ’n god van die een of ander aard, is.

Ja, ons ontdek soos ’n Paulus vanouds in die stad, Atene: "Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is.

Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook ‘n altaar gekry waarop geskrywe staan: ‘Aan ‘n onbekende god.’ Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hê, verkondig ek aan julle.

God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hy is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.

Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.”

Dan vertel hy hulle van Jesus, die Christus, deur wie hierdie onbekende, onsigbare God, Homself en Sy hart aan ons as mens op aarde kom openbaar het. Hy vertel hoe God mens geword het en tussen ons kom woon het, sodat ons Sy ware lewe kan ken en dit in oorvloed kan beleef.

Hierdie God praat op baie maniere met mense, soos Hy daar in Atene, waar mense nog nooit voorheen van Hom gehoor het nie, met daardie mense gepraat het. Dermate dat hulle selfs ’n standbeeld vir Hom gebou het as “die onbekende god”.

Natuurlik bly die Bybel ons enigste betroubare toets vir of dit werklik God se stem is wat ons daar of daar gehoor praat het.

So is dit eers die evangelieboodskap oor Jesus wat mense die bril kan gee om werklik hierdie “onbekende god” vir die eerste keer ’n naam te gee en Hom werklik te ontmoet as ’n lewende God wat met ons besig is.

Daar in Jes. 60 staan die volgende: “Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring.

Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid.”

Kyk ons rondom ons, sien ons soveel donker, soveel onverdunde, openlike haat, selfsug, bedrog, geweld, misdaad. Selfs in die mees gegoede kringe. Soos my vriend nou-die-dag hom by een van hierdie uithang-geleenthede moes vasloop in ’n Suid-Afrikaanse “Mafia” waar daar hierdie gees in die lug gehang het wat gemaak het dat hy na die tyd net wou gaan stort om daarvan skoon te kom.

Soms moet jy selfs mooi kyk om die donker raak te sien, want dit word versteek onder baie gedoe en humanitêre goeddoen aan ander. Maar dit is daar.

Vir myself is van die moeilikste om daardie donker raak te sien en te herken wat weggesteek is in die hart van goeie godsdienstige, ja, daardie Christelike boere-mense wat opreg glo dat hulle die ware God ken en dat hulle saak met Hom reg is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Christo

. . . . ek antwoord jou onder my skrywe

יהוה PRAAT MET MY

4 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 19 ure oud



DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar