Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons is steeds besig om oor “die lewe van Christus in my” te gesels en dan spesifiek aan die hand van wat Paulus daaroor in die boek Kolossense sê.

Ons het die afgelope drie vorige geleenthede gesels oor Kol. 1 wat ’n beskrywing is van wie die Jesus Christus is wat nou “in ons woon” deur Sy Gees. Ons het vir mekaar gesê ons hoor daar hoe Jesus die volgende oor Homself aan ons as gelowiges sê:

“Ek, die Seun is die sigbare uitbeelding van God, wat vir julle oë onsigbaar is.

Ek is die Eerste van die hele skepping, omdat My Vader alles deur My geskep het.

Ja, alles in die hemel en op die aarde – die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of magshebbers is – álle dinge is deur My en vir My geskep.

Ek was daar vóór alles, en in My word alles saamgebind.”

Paulus sê hier dat as ons kyk na en terugkyk oor alles wat God geskape het, openbaar God se Gees aan ons dat God alle dinge... deur Sy Seun... vir Sy Seun... met die oog op Sy Seun ... geskape het.

In gewone taal beteken dit dat as ons na enige ding rondom ons kyk, is daar ’n dimensie in daardie ding of persoon waar ons (sigbaar of onsigbaar) iets van hierdie misterie gaan ontdek.

Maar dan moet ons met die regte oë daarna kyk en met ons verstand, onder die beheer van die Gees, daaroor gaan nadink.

Dit is dan wat ons in alles die wonder-inhoud van die misterie rondom Jesus Christus intrinsiek as deel van die DNA van alles rondom ons ontdek.

G’n wonder die Psalmdigter getuig reeds onder die inspirasie en openbaring van die Gees van God daar in Ps. 19:1: “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.”

Paulus sê daar in 2 Kor. 4:6 dat ons iets van die heerlikheid van God geopenbaar sien as ons kyk na die gesig van Jesus Christus. Hoor hoe staan dit daar: “God wat gesê het: ‘Laat daar lig skyn uit die duisternis,’ het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.”

Daar in die begin, toe God die tuin geskape het vir die mens wat Hy ook geskape het, het Hy in die middel van die tuin, ’n boom geplant, die boom van die lewe. Hierdie boom en sy vrugte het as’t ware gepols van die Lewe wat in God self was.

God se hart van die begin af was om hierdie nuut geskape mens te bedien met hierdie Lewe.

Maar toe gebeur die ondenkbare, die tragedie: hierdie mens kies eerder om van die boom en sy vrugte te eet wat satan vir hom aanbied as die antwoord op sy honger en sy dors. Maar dit was juis die boom van kennis, wat God hom verbied het om van te eet.

So gebeur dit dan dat hierdie mens en sy nageslag, saam met die hele skepping rondom hulle, ’n karikatuur word van wat God se oorspronklike bedoeling was. Hulle begin sterf soos God gewaarsku het sal gebeur en word selfs Sy vyand.

Daarom sit God die wiele van die geskiedenis in beweging om die res van Sy restourasie- en verlossingsplan vir die mens en die skepping ’n werklikheid te maak.

Hy kies ’n man, Abraham, uit die volkere, om die vader te word van ’n nuwe volk, wat in hulle naam Sy Naam opgesluit dra, naamlik die volk, Isra-el, waar die El-gedeelte, die Hebreeuse woord, God, is.

So word die storie van Israel, die storie van ’n God wat Sy skepping terug wil hê en hulle weer Sy vriende en Sy familie wil maak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

God se pad
dankie vir die mooi oordenking
5 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 17 ure oud



Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar