Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Alle Woesters, kom deel asseblief in ons Godsdiens en Geestelike Forum.

Hoewel ons verskillend glo, teks verskillend interpreteer, aan verskillende gelowe en denomenasies behoort, is geestelike gedagte uitruiling 'n verrykende ervaring. Veral as ons die talle uiteenlopende sienswyses verdraagsaam respekteer wat in elk geval een van die reels is. Ander, nie-Christen gelowe is welkom om insette te lewer. So kry ons 'n beter begrip van wat ander godsdienste glo, en waarom hulle dit glo. Multikulturele kommunikasie oorbrug rassehaat sonder om jou eie geloof prys te gee.

Die meeste van ons is Christene wat in die Bybel glo. Baie mense roem daarop dat hulle die Bybel al 'n paar keer deurgelees het, maar steeds ken hulle nie die Skrif nie.
Ons lees dan ook in Hosea 4: 6: My volk gaan te gronde weens 'n gebrek aan kennis. En Paulus se in Heb 5:12-14: Want hoewel julle al leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik is onervare in die woord van geregtigheid omdat hy 'n kind is. Maar vaste spys is volwassenes.

Daar is so baie Skrifgedeeltes wat ons saam kan bestudeer.  Kom assselief met voorstelle. Siende dat dit die begin van 'n nuwejaar is het ek weggespring by Genesis se begin.
Week 1: "God-Drie-Enig", en Week 2: "Die mens na God se beeld". In Week 3 gaan ons stilstaan by "God se Woord" en Week 4 by "God se Gees", vir die van julle wat voorbereiding wil doen.

Na Week 4 gaan ons eers geleentheid gee vir getuienis oor hoe ons die Heilige Gees beleef. So baie mense kan getuig van genesing, wonderwerke, boodskappe, profesiee, visioene en hoe God in hulle lewens ingegryp het en steeds werk. Dink solank daaroor na en kom met julle getuienis.

Intussen verwelkom ons dit as julle 'n nuwe onderwerp van bespreking begin. Remi het 'n positiewe inset gelewer oor die "liefde" met die vraag hoe ons God se liefde beleef.
Gaan loer asseblief in met julle getuienis, ons wil dit graag hoor.

Ons lewe in 'n gebroke wereld. Kom ons dra mekaar se laste met die sleutelbord (pen) wat 'n magtige wapen is net soos die geskrewe Woord. En kom ons groei uit ons "nappies" uit na vaste spys. Maar net soos wat die profesiee nie 'n saak van eie uitlegging is nie (2 Pet 1: 20), so ook die Woord. Daarom vra ons voorbidding dat God sy Woord aan ons deur sy Gees sal openbaar en ons geskrewe byeenkoms sal seen.

Vergewis julle asseblief van die reels, kort en kragtige insette wat nie 500 woorde mag oorskry nie, en geen lasterlike of beledigende taal nie. 

Dank ook aan Elvina wat ons Geestelike Forum met 'n ferm en regverdige hand bestuur.


G'mar Chatimah Tovah!

(Mag julle name vir ewig in die boek van die lewe geskryf staan)


Shalom

Elizabeth



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar