Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wou dit nie lees nie. Ek wou dit nie hoor nie. Ek het geweier om dit te glo!
Die ding dat Woes gaan ophou bestaan.

Dit kan mos nie wees nie….kan dit? So het ek vir baie weke gedink en oor en oor gevra. Diep in my binneste, daar waar dit saakmaak, kon ek nie glo Willempie-Woes sou voortgaan met hierdie gesinsmoord nie. Dis hoe dit in my kop gemaal het. Asof my skryf-broeders en –susters vermoor gaan word. En dit boonop op Valentynsdag! Ai nee dit kan mos nie, ......... mag mos nie!

Maar wie is ek nou om te sê? Wie gee my enige regte of vryheid van spraak? Die laaste doodhou is dat my skryf-tong ook nog uitgesny sal word. Of so het dit vir my gevoel. Tog het ek bly hoop. Iewers ...iemand....iets....’n oplossing, seblief tog!

Nou dat die einde baie duidelik in sig is, moet ek maar glo. Moet ek aanvaar. Moet ek onthou dat alles en almal wat oor my pad kom, slegs bedoel is vir ’n spesifieke seisoen. En dat verandering nie noodwendig ’n hartseer affêre hoef te wees nie. Die houding wat ek aanneem sal bepaal hoe ek dit beleef.

Die lewe is en was nog nooit ’n gladde glybaan op ys nie. Juis daarom is dit ’n goeie idee om te leer om aanpasbaar te wees. So besef ek nou dat veral skrywers geneig is om helemaal te geheg te raak aan ’n spesifieke roetine en vasgestelde manier van dinge doen. Dit is dan beslis ook hoekom ons uitstel en afstel om skrywes te doen, omdat die sodanige omstandighede nie “perfek” is nie.

Deur die ou lewe se onvolmaaktheid te omarm en veranderinge te aanvaar, mag mens dalk net meer gedoen kry en selfs uitvind dat klein hoeveelhede chaos en onsekerheid my kreatiwiteit sal aanhelp. So dis wat ek gaan doen. Ek gaan nuwe tuistes opsoek, hopelik nuwe skrywers leer ken en nog meer hopelik, ’n ex-Woesteling of drie daar raakloop. Ek gaan nuwe idees ondersoek, dinge bietjie omkeer en uitdop. Dalk hou ek van die nuwe uitsig.

Tog wil ek dit benadruk dat my vertoewe hier op Woes en my Woesteling-vrinne, nimmer as de nooit vergete sal wees nie. Woes was ook vir my ’n lewensaar en nodige asem toe ek in die Land van sand en die Afrika-bos moes gaan woon het. Dit sal ek onthou tot onthou self, my die dag verlaat.

So...... adios, arrivederci, auf Wiedersehen, au revoir, shalom, hamba ghashle en.........GOEBAAI MY GEËERDE VRIENDE! !

Ek gaan julle so ontsettend mis (snuif-snuif-snuif).



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Goebaai
Kiekies, jy weet waar om my te kry :-) Alles wat jy hier skryf is soooo waar. Dit gee mens weer bietjie perspektief. Dankie daarvaar. Hoop om jou binnekort op 'n ander skryfplatvorm raak te loop!
3 jaar 8 maande 6 dae 14 ure oud


Goeibaai
Goeibaas Woes maar Ink se liggie flikker in verte. Maar vir eers goebaai xx
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


Goebaai
Kiekies soos jou skuilnaam aandui het jy baie beelde kleurvol gefikseer, nie op verggaanbare papier maar in mensgeheue. Dankie daarvoor. "Mooi loop en lekker skryf" aan aan die Woestelinge!
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


Ano
goebaai
Nee mapstieks mense! Waar is julle avonatuurlus dan heen? Snuif-snuif se voet, ons sien mekaar net daar aan die anderkant :-))))) Sien, dit loer al oor die eerste bultjie - net soos 'n sonsopkoms.

Auf Wiedersehen!
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


GOEBAAI WOESTELINGE
Ja,dis omtrent snuif-snuif. Dit was altyd net 'n plesier om jou gedagtes en belewenisse raak te lees. Sterkte vorentoe!
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


Z
Ai Kiekies! Jy skryf uit my hart ook. En dit het nie vir my gevoel soos net gesins moord nie. Vir my het dit gevoel soos volksmoord.
Maar so jy sê dinge kom en gaan in korter of langer seisoene.
Ons moet nou maar 'n ander woordbuurt soek waar ons kan plak en stry.
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 2 ure oud


GOEBAAI WOESTELINGE
So wonderlik-dierbaar van jou om op so 'n spesiale manier te koebaai. Ek kan maar net saamstem. Baie dankie ook vir al jou skryfsels wat ek maar altyd verslind het. Mooi loop my kind en pas jouself op.
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 4 ure oud


goebaai
Dis hartseer om goebaai te sê, maar daar is lig in die tonnel. Ons sien mekaar daar.
Groete aan almal. Ek het lekker gelees en deelgeneem.
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 4 ure oud


goebaai
Ink is oppad tot ons redding
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


GOEBAAI WOESTELINGE
Dis 'n tydvak in die skrywerslewe om weer oor te begin met nuwe energie wat lê en wag aan die soom van die onbekende horisone.

Net tyd sal leer wat sal gebeur.

Sterkte op jou lewensweë.
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


Ghoebaai
Vasbyt suster. Daar's 'n liggie aan die einde van die tonnel!! Ons groet dalk hier op Woes, maar "sien" mekaar dalk binnekort weer op INK!!
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 10 ure oud


GHOEBAAI
God be with you.

Auf Wedersehen (Tot wedersiens).

:(

3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 18 ure oud


goebaai
"Asof my skryf-broeders en –susters vermoor gaan word. En dit boonop op Valentynsdag!"
Eintlik is die datum heel van pas - St Valentine was gestenig en onthoof op daardie dag...
Dalk is ek 'n bietjie morbied. haha.
Alle sterkte met jou skryfwerk voorentoe. Mag ons weer ontmoet op die wye web.
Adieu.
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


goebaai... NIE vaarwel nie...
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
3 jaar 8 maande 1 week 3 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar