Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die ganse heelal is daar geen maar geen beker of medalje groot en skitterend genoeg om ten volle waarde te toon of te verleen vir jou opoffering, swoeg en sweet. Nagte alleen en eensaam in verdrietigheid getreur oor waar môre se voedsel en sorg vandaan moet kom en wat more gaan gebeur?

Jy het al nege jou kroos liefdevol en met moed die grootmenswêreld-lig laat sien en met genade van Bo en vriende wat altyd help hul goed gevoed. Jou sagte moedershart het dit dan met smaak voorberei en aan hul bedien. Jy is ’n weduwee heeltemal te vroeg in die lewe gemaak. Met trane wat opdroog het jou moed soms geknak. Maar met trots het jy op eie houtjie tree vir tree voortgebeur, as Moeder en Vader jou plek volgestaan deur ’n volgepropte lewe sonder kleur.

Here alleen weet waar jy die nodige krag gevind het om massiewe familie aanmekaar te bind. Maar jou kop was altyd omhoog met elke pynvolle vorentoe tree en nooit maar nooit het jy moed opgegee. Maar toe ... die hartverskeurende deel wat ons almal gehoop het, sou nimmer ooit gebeur.

Jy ontwikkel doodsvonnis kanker wat nie kan heel en binne ‘n ommesien het dit deur jou skrander lyfie beweeg. Dit het geen beendere of weefsel ontsien en jou gelaat met oë dolleeg. Jou onskatbare waarde is vir almal nou verlore, maar dit was God se besluit en vir hierdie aarde was jy nie meer beskore. Die skoon morfien het jou liggaampie daagliks rustend gestil totdat jou neutbruin oë finaal gesluit het met berusting in Sy wil.

Miljoene dankies en goue bekers sal nooit die volle waarde kan bereken van hoe dankbaar ons was, en nogsteeds is Ma, vir jou opoffering en alles wat jy vir almal beteken het. In die vlees het jy ons verlaat – ons het jou aan Hom opgedra.

Hiermee aan Ma die grootste, blinkste gouebeker ooit, want moed opgee, nie jy, nimmer as te nooit
Haar stem is stil, haar plek is leeg, sy het na hemel engele aanbeweeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Liefde
Nou is ek behoorlik in trane :-( Wat 'n pragtige herinnering van 'n spesiale vrou.
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


Goue beker vir Ma
dankie vir jou pragtige bydrae tot die Liefde projek
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


ma
ek gaan al die pad saam met Corina hier. beter ksn ek nie beskryf nie
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Ma
wat 'n pragtige hartroerende ode aan 'n moeder. Ek glo sy en die engele dans om die Troon vandag . . .
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar