Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Waar kom jou gril vir goggas vandaan?” vra ‘n vriendin ‘n paar dae gelede. Ek weet nie…, want vandat ek maar kan onthou, was al my mense natuurbewaarders, diereliefhebbers en kenners, ook van goeters met meer as vier bene en dié sonder bene! ‘n Groot deel van my kinderjare was op Skukuza in die Nasionale Krugerwildtuin deurgebring en ons was deel van ‘n spannetjie begeesterde kinders wat die grootmense ywerig “gehelp” het met die insameling van data vir die destydse nuwe biologiese afdeling. ‘n Groot plesierigheid was die visvangery oor naweke: groot sleepnette was gebruik en met die vangs aan wal, moes elkeen ‘n aangewese vis gryp en so vinnig as moontlik in ‘n spesiale bottel kry. Vir sakgeld het ons graag gedurende vakansies allerhande werkies in die laboratorium gedoen: gedissekteerde goggas en allerhande ander grillerige goeters gemeet en geweeg om al dié data vir navorsing te bewaar. Tydens een Junievakansie het ek die hele tyd net die lense van buffel-oë geweeg!

Moontlik is die gril vir goggas net ‘n hormoonding, of dit kan dalk begin het met daardie monster van ‘n bobbejaanspinnekop wat Broer in my bed gebêre het… of so iets. Met die koms van my eie spannetjie kleingoed moes my gril vir eers agtertoe staan: ‘n mens mag mos nie sulke vrese op onskuldige bloedjies oordra nie. Maar ‘n kind is nes ‘n bok en ‘n bok is mos ‘n …!! Gou het hulle hul ma se rillings raakgesien en hét ek omtrent deurgeloop met drie woelige seunskinders en al hulle “troeteldiere”, meestal buite die hok of houer waarin hulle uitdruklik beveel was om in aangehou te word! Weet jy hoe voel dit om in die nag ‘n draai te wil loop en dan te wonder of die slang nog in sy hok is?

‘n Gril is nie ‘n fobie nie; dis iets wat jy self met amper “mind over matter” kan beheer, terwyl ‘n fobie slegs met baie wilskrag, professionele hulp en ook baie simpatieke helpers oorwin kan word. Ons het ‘n vriend gehad wat ‘n erge fobie oor paddas gehad het, en soos sommige “onvolwassenes” maar is, was daar diegene wat groot plesier daaruit geput het om hom te terroriseer. Ek het eenkeer gesien hoe erg dit was: sy liggaam was in ‘n totale skok; hy het homself natgemaak én bevuil, terwyl die paddavangers gedink het dit was ‘n groot grap! Sulke mense is nie die naam vriend werd nie!

‘n Fobie is ‘n angs-afwyking en daar is baie verskillende tipes en ook verskillende grade van ernstigheid. Die woord fobie is afgelei van die Griekse woord “phobos” wat vrees beteken en die mees algemene vrese is vir diere, hoogtes en vir bloed. Baie mense met ‘n fobie probeer doelbewus ‘n direkte konfrontasie vermy met dit wat hulle so erg beangs maak, bv om weg te kyk as iemand bloei. Maar kyk, vat en voel vorm egter ook deel van die terapie om ‘n fobie onder beheer te kan bring.

En dit is hoekom daar ‘n plastiese slangetjie in my kombuisvenster lê…!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Fobies
Ek't so 'n hele paar van hulle (fobies - nie goggas nie!)en lyk my, soos 'n mens ouer word vermenigvuldig hulle. Lees my happies (rubrieke deesdae) oor Bangjan (daar's drie). Eintlik sleg om die lewe so bang deur te gaan,maar hoe om dit te verander... dis nou 'n ander storie!
8 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 3 ure oud


Simpatie, ek gril vir baie goet en dinge. Weet nie of die terapie sal help nie.
9 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


Ekself het 'n groot vrees en gril vir goggas. Baie moeilik om te oorkom. Sielkundiges het allerlei idees oor sulke dinge soos dat dit 'n vrees is vir onwelkome aanraking. As onnie moet ek ook maar dapper lyk sodat die kinders my nie begin verpes met goggas nie!
10 jaar 11 maande 1 week 6 dae 2 ure oud



Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar