Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is nie ‘n “brand name” ou of die stylvolste man op aarde nie maar ek het darem die breinkrag om nie ‘n “cartoon” das te besit nie.

Taz en Bugs Bunny hoort nie op ‘n das nie. Ook nie Tweede Bird en Sylvester nie. In fact, dit hoort op baie min dinge behalwe TV. Het jy al gedink aan die dinkproses waardeur hierdie styl blinde persoon moet gaan.

Met sy rooi Edgars kaart wat brand in sy sak loop hy die winkel binne. Vandag is die dag dat hy die broekies van hoërskool meisies gaan af toor met sy styl in sexy klere.

Hy word in die das afdeling konfronteer deur te veel keuses vir sy brein. Daar is sewe “cartoon” dasse om van te kies. Is dit hel of hemel vir hom? Dit hang alles af van hoe hoog sy IK is. Lae IK beteken hel aangesien daar te veel opsies is. Gemiddelde IK, die hoogste wat hierdie klas mens kan bereik, is dit hemel want nou kan hy elke dag van die week sexy wees.

Wat om te vat??? Taz of Bugs Bunny? Sjoe! Watter een trek die jongste meisies aan? Onthou om die Michael Jackson CD ook te koop.

Dan kry jy die scenario waar hy na sy tiende bier sy huidige meisie ontmoet het en dit is hulle eerste inkopie sessie saam. Hierdie dasse is ‘n “must have” vir enige sexy suksesvolle man, volgens haar. Nadat sy giggelend elke das om sy nek drapeer forseer sy hom om deur die winkel te loop om te sien of dit vir hom “werk”. Natuurlik is dit soos ‘n melaatse in die Bybelse tyd as hy in die winkel se gange loop. Niemand wil naby hom kom of dalk remotely geassosieer word met hom nie.

Hy weet hy moet nooit weer aan bier vat nie, wel net nie meer as vyf nie. Wanneer gaan hierdie verhouding eindig. Daar is darem ‘n goeie kant aan die einde van so ‘n verhouding. Nou het hy goeters om mee vuur te maak as sy uit sy lewe is.

Daar is ook ander dasse, regtig. Julle kan my glo. Kyk net rond en maak die wêreld ‘n beter plek.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar