Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek woon in 'n baie ou huis in Springs. Die huis is seker al so by die 90 jaar oud.
'n Jaar of wat gelede klop 'n ou omie aan die deur. Hy vra of hy asseblief deur die huis mag loop. Hy het as klein seuntjie saam met sy ouers daar gewoon en wil net graag weer die huis sien. Ek nooi hom binne en se dat hy meer as welkom is. ons het egter 'n paar verbouings en verbrekings gedoen.
Toe hy die ingangsportaal ingaan vra hy dadelik waar is die Pierneef. Op my vraende blik antwoord hy dat Pierneef 'n vriend van sy ouers was en dat hy op een van die mure geverf het. Ek het nie dadelik besef van wie hy praat nie en het nie verder uitgevra nie.
Eers nadat die omie weg is het ek besef hy het van PIERNEEF gepraat. Deur die jare het vorige eienaars die huis geverf en geverf. So het ek ook al self die huis 'n paar maal geverf.
Is daar enige manier waarop mens die lae en lae verf in die portaal kan verwyder om dalk Pierneef se skilderwerk bloot te stel, sonder om dit te beskadig???????
Help asb. mense.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Help
Ek dink ook nie jy wil dit self doen nie. Ek sou eers by museums en eiendomagente gaan hoor of dit jou huis se waarde gaan verhoog as jy werklik 'n Pierneef daar teen jou muur het. As hulle se dit sal jou huis se waar verhoog, doen dan soos Chris Nel voorstel. Maar dit gaan jou kos. Vind maar eers uit oor die pryse daaraan verbonde. Ek sal dit los net soos dit is tensy dit my huis se prys gaan opstoot. Dan sal ek dit verwyder. Ek vermoed Pierneef het teen die muur geskilder en dit kon dalk met die geverwery die skildery klaar vernietig het. Dan is al jou pogings daarmee heen en het dit jou 'n klomp geld gekos. Dan betaal ek liewer iemand wat weet en kom kyk of hulle teleskopies iets kan sien voor jy iemand aanstel om die skildery te ontbloot.
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud


Ano
Help
Enige spesifieke rede waarom jy dit wil herwin? Dis nou nie 'n skildery wat jy kan verskuif nie...
4 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 15 ure oud


ja
. . . . jan gaan na PLASCON of soortgelyk,
hulle chemiese personeel sal toetse vir jou kan doen,
en dink hulle kan selfs met bestraling,
die onderlae ontdek,
want dit gebeur gereeld met kunswerke in die museum.

Gaan praat gerus ook met personeel van PRETORIA KUNSMUSEUM.
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 15 ure oud


Verf
Ek dink jy moet profesionele raad kry by kuns mense wat kunswerke restoureer
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 16 ure oud


Verf
Heng Jan, se nou net dis die waarheid, dan word jou huis dalk tot bewaarde eiendom verklaar en jy kan mense 'n fooi vra om te kom kyk!! Nou moet jy dit net ontbloot kry. Daar is mense wat sulke goed doen.
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 18 ure oud


pierneef?
Sjoe an die beste is om Corina se raad te volg
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae oud


HUH?
Sjoe!

Jy moet maar google by "How to remove wall paint layer by layer"?

Ek gaan dit sommer nou ook doen . . .
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar