Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Rom. 12:1,2

Iets merkwaardigs het met my begin gebeur toe ek die Here toegelaat het om my te de-toks na gees, siel en liggaam.

Dit is moeilik om dit eenvoudig in gewone Afrikaans te verduidelik. Die beste manier hoe ek dit kan verduidelik is in die woorde van Rom. 12, vers 1 en 2, maar in die besonder die laaste gedeelte van vers 2 waar die NAV vertaal: “… laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Jesus Christus is besig om my kop reg te kry. Hy is besig om my te oortuig dat Hy ernstig was toe Hy daar in Rom. 7:6 aan ons gesê het “ʼn nuwe era het aangebreek”!

Hy was ernstig toe Hy vir ons in Joh. 14 gesê het dat wanneer die Gees van God in die nuwe era kom, kom woon Hy wat Jesus self in elkeen van Sy mense en dan gaan en kan ons verwag dat Hy wat Jesus is, deur die werking van Sy Gees in ons, dieselfde en nog groter dinge gaan doen as wat Hyself hier op aarde gedoen het voor Sy kruisiging.

Jesus is besig om my te oortuig dat Hy ernstig is as Hy vir ons deur profesie kom sê: Herlewing is hier!

Ek weet nie van jou nie, maar ek moes daar aan Jesus se voete in hierdie tyd van detoks bely dat ek nie altyd dit werklik geglo het nie. Ek het dit altyd uitgestel na môre of oormôre of êrens in die toekoms wat dit seker sal of kan gebeur.

Daar aan Sy voete het iets met my gebeur wat my laat kies het om te glo God se Woord is vir NOU! Dat as God dit NOU vir ons profeties kom sê, dan wil ek kies om dit te glo dat dit werklik vir NOU is.

Daarom moet ek Hom vra: Here, wil U nie my gedagtes, my hart, sinkroniseer met U gedagtes, hart en planne nie! Doen dit asb., Here, nou in my lewe.

Luister hoe vertaal die Message-vertaling Rom. 12:1 en 2:

“So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him.

Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognize what he wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you.”

Mat. 4:17

Het jy al mooi geluister na Jesus se eerste “preek”? In werklikheid was dit die hart van Sy totale bediening se boodskap die meer as drie jaar wat Hy in die openbaar mense bedien het.

Luister hoe verwoord Matteus dit hier in hoofstuk 4 vers 17: “… Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

“Bekeer julle” beteken nie net dat ons ons sonde en sondige lewe moet laat staan, omdraai en anders begin lewe nie.

Ja, natuurlik beteken bekering dit ook, maar in werklikheid is dit eintlik die resultaat van ʼn ware bekering. Ware Bybelse bekering bestaan in werklikheid daaruit dat ons God toelaat, soos Rom. 12:2 dit sê, om ons “gedagtes te vernuwe”.

Ware bekering is wanneer God ons hele manier van dink oor dinge kom verander en dit laat sinkroniseer met hoe God daaroor dink en dit bedoel het.

Daarom is bekering nie net ʼn eenmalige ding nie maar ook ʼn lewenslange proses wat in ons lewens gebeur. Dit sluit ook daardie “heiligmaking” in waarvan die Hebreërskrywer daar in Heb. 12:14 praat waarsonder niemand God sal sien nie.

Ware Bybelse bekering is dus om te ontdek dat toe Jesus aarde toe gekom het, het Hy Sy Koninkryk (soos dit in die hemel geld) saam met Hom aarde toe gebring het.

Ware bekering is meer as net ʼn sondebesef en trane oor ons sonde en sondige lewenswyse. Dit is ook om te ontdek die Koninkryk van die hemele het aarde toe gekom. Jesus het nie net gekom om ons sondes weg te neem nie. Hy het gekom om die Koninkryk van God, van die hemel, hier op aarde ʼn werklikheid te maak. Daarvoor het Hy Sy lewe gegee. Sy opstanding uit die dood is die beste bewys dat Hy presies gedoen het wat Hy moes doen. Nou moet Sy Liggaam hier op aarde, onder die leiding van Sy Gees in hulle, doen wat hulle moet doen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek vind dikwels
dat mense wat jou seining handhaaf se geaardheid maak dat ek nie saam met julle in die Hemel sal wil wees nie. Gelukkig is dit net verbeeldingsvlugte wat julle so maak.
3 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud



DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar