Rubrieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos julle nou al agtergekom het ry ek baie rond en sien ook baie dinge wat my soms fassineer maar ook soms my mond laat oophang.

Een van hierdie dinge is natuurlik die nuwe ding om ‘n blinde aan jou sy te hê as jy langs die pad bedel. Soos die ou Toppers soja advertensies was, “Just add water” is dit nou “Just add a blind person” en dan het jy werk.

Dit klim grim ja maar dit is nou entrepreneurskap. Nie alleenlik word daar nou vir hierdie entrepreneur gesorg nie maar ook vir die persoon wat die produk verskaf, die blinde.

Produk? Hoe kan ek ‘n blinde persoon as ‘n produk beskou? Dis maklik. Kyk na wat met jou gebeur, jou hart trek klein, jy kry ‘n knop in jou keel en voel hartseer vir daardie persoon. Dan gee jy geld.

In die winkel stap jy in en jy sien iets wat omtrent dieselfde emosies in jou wakker maak. Dan gee jy geld om dit dadelik te kry.

Gelukkig in hierdie geval word daar nie ‘n vreemde blinde persoon in jou kar gelaai nie.

Dan kyk ons na ander produkte beskikbaar.

Soos ek glo nie iemand in ‘n rystoel gaan lekker werk om langs die bad te bedel nie aangesien daar nie baie plek is nie. Wel beter van pas in ‘n winkelsentrum. Daar is ook die voordeel dat jy alles wat jy vir die dag nodig gaan hê, kos, water ens. op die rystoel kan laai. Dit maak dit makliker vir die entrepreneur om te fokus op sy deel van die werk as hy nie baie het om rond te dra nie.

As jy al hierdie dinge rondom swart ekonomiese bemagtiging (BEE) in ag neem sal jy binnekort wit mans in hulle dertigs kan gebruik om vir geld te gaan bedel.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Het nie werk nie..
Byna soos die boemelaar wat gevra het:" Sal mevrou nie asseblief vir my 'n jas aan hierdie knoop werk nie?"

BEE gaan nog baie sulke produkte op straathoeke plaas. Jammer die "Empowerment" is nie altyd so "Economic" nie
14 jaar 5 maande 3 dae 10 ure oud


VIVA! AMANDLA! Ek wonder wat is nog oor wanneer ek terugkom. Genuine.
CarolW
PS* Ek hoor mens stort deesdae , of los n goeie dr.l in die drinkwater om van AIDS te ontkom.

Is ons in 2006, going on 2007,bv?
14 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    LIESBETH

    deur Trixie

    'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar