Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het gisteraand nuus gekyk en gesien dat die doodstraf regtig ‘n nut sal hê in sekere gevalle.

Daar is twee vroue, een 78 en een 87, wat eers aangerand is en toe aan die brand gesteek is. Dit alles, volgens wat vermoed word, vir hulle pensioengeld. Ek weet meeste mense, as hulle uitgevra word oor doodstraf kom daar antwoorde soos politici uit.

Dinge soos, “die mense sal hulle stem dik maak” en “wat ookal die grondwet sê”. Ek gaan hier uit en sit my volle steun agter die doodstraf. Nie die ruggraatlose opsie nie, ek maak my punt duidelik.

Hierdie wetters wat daardie aaklige daad gedoen het moet nie tronk toe gaan nie. Wat is die nut om so ding aan die lewe te hou? Die ou gaan in die tronk sit en belasting geld mors. Hy gaan ook in die middel van ‘n klein universiteit sit waar hy net meer gaan leer rondom slegte dinge doen.

Dan kan jy natuurlik kom en sê dat sielkunde die ou kan help. Nee! Sielkunde gaan nie. Moenie dink in terme van ‘n mens as jy hieroor dink nie. Dink in terme van ‘n kanker. As ‘n kanker sleg is haal jy dit uit. Dit moet so vinnig moontlik uit voor dit die res van die liggaam sleg maak.

Kyk in China. As die ou skuldig is en die doodstraf kry word hy uit die hof gelei na die naaste muur waar daar ‘n stuk lood deur sy kop gaan. Nie tyd mors waar almal eers weer glo dat hierdie ou onskuldig is nie.

Dink kanker! Dink doodstraf.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

AMEN!!
10 jaar 5 maande 4 weke 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar