Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe dra mens 'n Kruis, Here?
Wat grof en skurf teen my rugstring druk
Wat op my voete rus terwyl ek my asem vang

Bind jy die Kruis vas met bande van haat?
Dra jy die kruis onder jou arm soos mandjies vol mannah?
Of sleep jy jou Kruis deur die nat stof en modder?

Is HY soos 'n spies in jou vlees?
Eet die kettangs jou rou?

Here, antwoord my!
Hoe dra mens 'n Kruis?
Net soos U...
Deur die Kruis deel te maak van jou vlees...
Deur die spykers van aanvaarding deur jou hande te slaan...
Of hoe maak mens?

Ek het nie die antwoord gekry nie,
maar ek het my kruis my eie gemaak.

Diep binne in my geneem, asem gehaal en die hele kruis verslind tot net die stukkies hout om my voete le...

U vra my hoe dra ek my kruis en ek antwoord,

Aleen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

jou seer raak so diep, dit breek later in stukke, maar gelukkig is Jesus voor die tyd daar, te help en oor te neem.
11 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


Hoe dra mens 'n kruis
Shoe, hierdie is baie rou emosies. Die kruis wat alleen binne mens lê, skaaf ook die hart rou. Daarom moet dit aan Jesus se voete neergelê word in gebed en nogmaals gebed. Mense moet ophou vingers wys, en liewers liefde begin betoon. Want sekerlik het nie net een mens 'n aandeel in daardie kruis nie. Dit raak almal om die persoon ook. Jy het 'n gevoelvolle beeld geskep.
11 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar