Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kom ek haal vir jou aan wat hier van Rom. 5:1 tot 5 staan terwyl ek bid dat dit ook in jou lewe sal insny soos wat dit die afgelope tyd tot daar diep in my gees ingesny het.

“God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.

Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God.

Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.”

Hoor jy die woorde: vrede tussen my en God, vrye toegang tot God se genade?

Hierdie nuwe vrede tussen my en God maak die groot verskil. Al daardie jare se skuldig voel, skaamte, mislukking voel ... is iets van die verlede. Jy het tuisgekom, in die liefdevolle, wagtende arms van jou Hemelse Pa ingehardloop. En daar in Sy huis, op Sy skoot ’n plek ontdek wat altyd vir jou gereserveer is, wat altyd beskikbaar is. Daar is alles wat jy mag en kan nodig kry en ’n behoefte voor en begeerte na kan hê. Daarom kan jy soos die Psalmdigter daar in Ps. 23 eerlik elke dag, onder alle omstandighede sê: Die Here is my Herder. Ek kom niks kort nie.

Dit is die eenkant. Die ander kant is dat ek en jy elke dag in ’n stukkende wêreld tussen stukkende mense lewe waar mense aan mekaar verskriklike dinge doen en waar verskriklik slegte en tragiese dinge met goeie mense gebeur. Elke liewe dag van ons lewe gebeur daar dinge rondom ons en soms met ons, word dinge aan ons gesê en aan ons gedoen wat ons nie verdien het nie. Kry ons swaar en worstel ons om alles te hanteer wat na ons kant toe kom.

Victor Frankl het gesê daar is hierdie spasie, hierdie ruimte tussen daardie ding wat gebeur, die impuls en jou reaksie daarop. Hy het gesê daardie spasie, daardie ruimte, is van God af, want dit gee jou geleentheid om te besluit hoe jy daarop gaan reageer.

Sien, dit is ons keuse hoe ons die swaar van die lewe gaan hanteer en hoe ons daarop gaan reageer. Dit is ons keuse hoe ons daaroor gaan dink en daaroor gaan voel en daarop gaan reageer uiteindelik.

Ek kan besluit om bitter te word, kwaad te word, mislik te word, omdat daar teen my gediskrimineer is of omdat ek onregverdig behandel is in daardie situasie.

Ek kan besluit dat my probleem my baas, of die regering, of my man of vrou is.

Of ek kan besluit dat hierdie ’n geleentheid is waarvan God se Gees hier in Rom. 5 van praat. Hierdie swaarkry is ’n geleentheid om maar net weer my hart te ondersoek en krities te kyk oor wat ek in hierdie situasie dink en voel.

Spr. 4:23 sê nie verniet “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe” nie.

As ek so onder die beheer van God se Gees is, bewerk Hy in my ’n ongekende vasbyt en vermoë om genadig en geduldig en soepel te wees met die mense en met my omstandighede. Ek kry weer kans om in liefde op te tree, midde al die ongeregtigheid en liefdeloosheid wat ek in daardie situasie beleef.

Sien, ek kan mense wat vir my onregverdig behandel het of beledig het, terug sleg behandel of beledig. Dit is my keuse.

Maar dan moet ek onthou wat God se Gees vir my daar in Ef. 4:26 en 27 gesê het: “As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.”

Baie keer kom hierdie emosie van woede by ons op, maar dit is my keuse of ek daarop gaan reageer of nie.

Ek moet besef ek is hier in ’n gevaarlike situasie waar ek kan besluit of ek my hart gaan oopmaak en gaan toelaat dat al hierdie negatiewe emosies en gedagtes wat nou hier by my opgekom het, gaan nesmaak in my hart en of ek gaan toelaat dat dit my verder gaan vergiftig en of ek net gaan sê: Nee. Ek kies doelbewus om juis anders op te tree, ander dinge, liefdevolle dinge te dink, te voel, te sê en te doen in hierdie situasie.

Meer nog, dit weer gee my geleentheid om telkens stil te word en vir myself net weer uit te maak dat God totaal in beheer is en dat Hy selfs uit die slegste van slegte omstandighede en gebeurtenisse, die beste vir my kan laat gebeur. Ek kry weer kans om net weer seker te maak van wat ek werklik glo en nie wat ek maar net sê ek glo nie. Dit bied dus geleentheid vir jou om van nuuts af te leer hoop op God om te doen wat Hy belowe het.

Die bose wil sulke situasies gebruik om my te vergiftig en stadig maar seker dood te maak en te vernietig, terwyl God juis dieselfde situasies wil gebruik om aan my karakter te bou en my te leer om die Gees van God totale beheer in my te gee sodat ek soos Jesus kan optree.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kies
Wonderlik insiggewend en 'n puik herinnering aan die waarheid. Juis omdat ek die afgelope tyd oorval word met situasie waar ek moet kies hoe ek sal optree. Baie dankie nogmaals!
5 jaar 3 maande 1 week 3 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar