Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


In 'n hele klompie gedeeltes in die Bybel sê die Here dat ons as Sy volgelinge Sy “tempel” of “woonplek” op aarde is. Maar die vraag wat ek vandag hieroor wil probeer beantwoord, is die vraag: Hoe lyk dit prakties?

“Erediens” of die samekoms van gelowiges is vir die meeste van ons prakties 'n byeenkoms waar die grootste gedeelte van die mense teenwoordig in rye agtermekaar sit en waar net 'n klein klompie mense van een tot 5 “optree” voor die res. Die grootste gedeelte van die “gehoor” is dus maar redelik passief die grootste gedeelte van die tyd.

Luister saam met my na die volgende drie Skrifgedeeltes in die verband.

1 Kor. 14:26 – “Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ‘n bydrae om te lewer: ‘n psalm, ‘n onderwysing, ‘n openbaring, ‘n ongewone taal of klank, ‘n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop.”

1 Pet. 2:5 – “Laat julle as lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis, om ‘n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.”

Heb. 10:24,25 – “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.”

Lyk vir my, in die vroeg-Christelike gemeentes was die byeenkomste van gelowiges die meeste van die tyd anders as ons belewing vandag daarvan. Iets van hierdie Bybelse waarheid het “gebeur” waar gelowiges mekaar in die byeenkoms van gelowiges vrylik kon bedien met die gawes van die Gees soos wat die Heilige Gees hulle gelei het.

Kom ek sê dit anders: daar was ruimte en geleentheid vir die lewende God wat tussen Sy mense en in Sy mense woon, om self Sy mense te bedien deur Sy mense, soos en hoe Hy dit wou doen. En wanneer dit gebeur het, het almal dit geweet en ervaar: God self is hier teenwoordig tussen Sy mense!

Dit was natuurlik ook die geheim vir groei in die vroeg-Christelike gemeentes. Van dag een af was die volgelinge van Jesus toegerus en gereed om deur die inwonende Here wat in en tussen hulle was, gebruik te word om God-grootte dinge te doen. Daarom het die byeenkomste van gelowiges plekke en tye geword wat bekend daarvoor was dat die lewende God self daar was. Almal kon dit sien en beleef. Ja, selfs die demoniese magte wat dit daar gewaag het!

Daarom sê Paulus die volgende oor die roeping en taak van die ekklesia of kerk van Jesus daar in Ef. 3:8 tot 11: “Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig. Ek moet aan almal bekend maak hoe God, die Skepper van alle dinge, nou sy verborge plan uitvoer nadat Hy dit deur al die eeue geheim laat bly het.

Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim, soos Hy Hom van ewigheid af al voorgeneem het om dit deur Christus Jesus, ons Here, tot uitvoering te bring.”

Ons moet ook dadelik vir mekaar sê dat hulle byeenkomste ten minste glad nie so passief en stil en stemmig was soos die meeste byeenkomste van die kerk van vandag nie.

Verder het gelowiges destyds besef dat die Here self aan die woord wil kom in byeenkomste van gelowiges. Sy hart was duidelik om vir almal teenwoordig te “wys” Hy is self daar teenwoordig.

Daarom het hulle groot erns gemaak om vooraf sensitief te wag en te luister na wat in God se hart was om deur elkeen van hulle daar te bedien of te doen soos die Gees hulle lei (1 Kor. 14:26).

Sodat mense kan beleef: Jesus is en woon self hier in al en tussen al Sy mense.

Daarom het elkeen 'n verwagting gehad dat God hulle dalk kon gebruik. En was hulle oë nie net op een of twee “spesiales” of “geleerdes” van wie al die bediening afgehang het nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar