Rubrieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oorlog en al die geweld en onreg wat midde dit plaasvind, ontbloot ’n kant van die mens wat ons in ons baie humanistiese Westerse wêreld eerder wil ontken as in die oë kyk. Midde oorlog sien jy watter verskriklike dinge mense aan mekaar kan doen net omdat hulle dink hulle het die reg daartoe.

Destyds in my twee jaar van diensplig aan die einde van die sewentigs en in my vier jaar voltyds as kapelaan in die Lugmag, het ek dit aan my eie lyf beleef. Selfs hier in Suid-Afrika waar ek saam met my gesin besig was om vakansie te hou, het ek dit gevoel toe ons as gesin op 23 Desember 1985 in die Sanlam winkelsentrum in Amanzimtoti, ons vasgeloop het teen ’n bom wat ’n pastoriekind geplant het.

In my beradings kantoor beraad ek vandag nog hoeveel polisie- en weermaglede wat worstel met post-traumatiese stres as gevolg van alles wat hulle gesien en beleef het van wat mense elke dag aan mekaar doen.

Maar nie net daar sien en beleef ’n mens dit nie. Laat twee mense wat ’n paar jaar gelede nie genoeg kere vir mekaar kon sê hoe lief hulle vir mekaar is nie, nou net êrens langs die pad “ontdek” dat hulle liefde vir mekaar “opgedroog het” en hulle besluit om te skei, dan sien jy ’n ander kant van daardie selfde “liefdevolle mense”!

Dag vir dag, aand vir aand, word ek en jy stomgeslaan deur wat elke dag in die land en oor die wêreld deur mense aan mekaar gedoen word. Aan vrouens, kinders, babas, manne, seuns.

’n Mens staan verstom as jy skielik gekonfronteer word deur bedrog van miljarde waar mense mekaar sonder om te blik of te bloos besteel het.

Elke dag in die besigheidswêreld en in die politiek staan ’n mens verstom hoe maklik diefstal en bedrog kan plaasvind as jy nie elke oomblik behoorlik sekuriteitsmaatreëls en beskerming in plek het nie.

Omdat ek vir soveel jare in voltydse bediening betrokke is, is ek so bewus van hoe hierdie dinge ook hier tussen ons, selfs in van die bekendste van die gevestigde kerke plaasvind, ja, selfs onder die grootste van geestelike leiers en bekende predikers.

In die besigheidswêreld spot die manne al daarmee dat wanneer iemand by jou instap om met jou te wil besigheid doen en hy of sy sou sommerso openlik verklaar dat hulle ’n “Christen is” en daarom net met ’n handskud ’n transaksie wil beklink tussen julle, moet jy daar uitkom so vinnig as wat jy kan.

In ’n tyd toe ons met mekaar as gelowiges nog baklei het oor grimering of nie en oor hoe jy God in die oog gaan steek as jy met ’n naald op ’n Sondag werk, het gelowiges mekaar oor die wêreld oor en weer in hulle miljoene in oorloë vermoor en vermink.

Die Skrif is baie duidelik daaroor: voordat ’n mens nie hom of haarself sien soos God jou sien nie, het jy geen behoefte of begeerte aan God se genade of ’n Verlosser nie.

Solank jy dink alles is reg tussen jou en God en dat jy “goed genoeg is” en “reg lewe”, of al die wette gehoorsaam wat Hy gegee het, het jy geen behoefte aan ’n evangelieboodskap nie.

Die Evangelieboodskap van die Bybel is immers die goeie nuus dat die Skepper van hemel en aarde, die God van die Bybel, die mens ten spyte van die feit dat sonde en sondigheid dik loop in sy of haar are van voor hulle geboorte af en hulle tot geen werklike onbevlekte goed in staat is van nature nie, hulle so liefgehad het dat Hy Sy Seun gestuur het.

Jesus Christus is in ons plek gestraf en het namens ons elkeen die volle prys vir ons sondigheid betaal.

Sodat elkeen van ons, as ons glo Hy het dit ook vir my gedoen, ten spyte van al my sondigheid, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Watter merkwaardige, liefdevolle, genadige, barmhartige God is dit nie!

God se Gees het Paulus geïnspireer om dit so te sê daar in Rom. 3:24 to 28: “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.

Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof.

Ons betoog is tog dat ‘n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Hoe lyk ons
Baie dankie! :-)))
5 jaar 6 maande 5 dae 13 ure oud


REGTIG?


1 - kan ek dus enige GOD-DIEN?
2 - kan ek dus KERK hou met JESUS CHRIST BEELDE?
3 - kan almal maar die MISDAAD van die vaders doen?
4 - kan ek GENADE kry sonder om HOM lief te hê en sonder om SY GEBOOIE te doen?
5 - kan die KERK maar die BYBEL vertaal en ander NAME insit?
6 - kan ek maar SABBAT verskuif na SONDAG van KONSTANTYN?
7 - kan ek maar die POUS en PRIESTERS vader noem?
8 - kan ek maar my dogter toelaat om te spyker en dan te aborteer?
9 - kan ek maar skei en met 'n ander Ou se Vrou hertrou?
10 - kan ek maar as KERK die LIDMATE se TIENDES neem?
11 - kan ek maar self kies watter KERK-DOKTRINE ek wil volg?
12 - kan ek maar BEGEER wat ek wil?

volgens Openbaring is net die GEBOOIE-DOENERS die ouens,
wat van die BOOM VAN LEWE mag eet. . .
. . . . van watter GEBOOIE word in Openbaring geskryf?
5 jaar 6 maande 6 dae 4 ure oud


dink
Ek ditto jou slotreël, dankie vir die deel.
5 jaar 6 maande 6 dae 20 ure oud



KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar