Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is jonk, enkellopend en nog vol van die lewe. So ek deel ‘n meenthuis met ‘n ou skoolvriend. Een van my gunsteling dinge in die lewe is ‘n lekker ham en kaas broodjie. Ek eet vyf uit die sewe dae van die week een vir middagete.

Ses weke terug het ek weer ham gekoop sodat ek nie uit toebroodjies kan hardloop nie. Vir een of ander rede kom ek toe die week nie by al my toebroodjies uit nie. Toe lê die ham vir ‘n week voor ek weer brood eet. Ek is toe maar versigtig vir die ham. Ek los dit toe in die yskas sodat ek dit kan weggooi as die bediende weer kom. Anders lê daardie ham en stink in die asblik vir ‘n week.

Toe die bediende kom vergeet ek, en ek vergeet, en ek vergeet weer. Toe raak my ma siek en ek is weg van die huis af. Die ham lê toe maar in die yskas en wag om weggegooi te word.

Kom by die huis vandag. Die ham is weg. At last! Daar is nuwe ham. Ek dog toe dat my kamermaat ook nou begin toebroodjies maak. Toe nie!

Hy het laat en honger by die huis gekom en toe die ham geëet. Hy voel toe skuldig en koop nuwe ham. Ek dog toe ek gaan dalk tronk toe moet gaan vir die vergiftiging en moord van ‘n medemens.

Hy het nie eers ‘n harde poep gegee nie. Toe die skrik weg is begin ek toe dink. Wat kan ek volgende in die yskas los en toets hoe lank dit REGTIG kan hou.

Dalk ‘n lekker avokado-dip want wie sal groen op groen kan sien. Ek kan dit vir ten minste drie maande los. ‘n Lekker gemarineerde vleisie kan ook lank lê want die sous sal alles wegsteek.

Ek voel asof ek weer op skool is in die wetenskapklas reg om te eksperimenteer. Ek sal julle op hoogte hou van wat volgende verorber gaan word.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hoe oud kan ham word
Aaaii! ek het nou hardop gelag
vir hierdie ham storie. Miskien
moet jy dit liewers volgende keer
op die hond toets.Byna was daar
nou 'n moordsaak teen jou.Willem
ek kan ook nie presies vir jou se
hoe lank dit hou nie. Blykbaar kan
dit seker 'n hele rukkie hou in
die yskas.Ek het 'n ham gekoop
wat net gerook is ek moet dit
gaarmaak maar hy kan nog tot
na Kersfees hou net soos hy nou
is. Ek vat liewer nie kanse nie
want jy kan regtig doodgaan as
die vleis af is. Van Kersfees
gepraat. Baie geseende Kerstyd
vir jou en jou familie. Hoop
dit sal vreugde, vrede en liefde
vir jou gee.Groetnis.
13 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar