Weergawe:
Aantal woorde: 188
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 20 Feb 2006
Hoekom is dit as jy minder het om te doen word nog minder gedoen? Ek verstaan nie mense altyd so lekker nie. Dit is nie dat ek nie my eie besigheid het om te groei nie en op gat kan sit nie. Maar die oomblik as daar ‘n stil dag of twee is dan val alles uitmekaar.
Dit is nie net ek nie. Meeste mense met wie ek al gepraat het hieroor sê dat hulle dieselfde probleem het.
My groot kommer lê by die hele menswees gedeelte. Is dit hoe die mens is? Is dit in my nature om slegter te raak as die kans aangebied word?
Al wat ek weet is dat ek van nou af “slapgat whatch” gaan begin doen. Aan die einde van elke dag gaan ek kyk wat ek gedoen het en as dit bietjie min lyk dan moet ek die aand ook nog werk.
As die probleem nie vanself wil verdwyn nie gaan ek hom uit my sisteem werk.
Willem
Lees ander rubrieke deur Willem Woes
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae