Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

*Moet ek in my lyding berus?
*Mag ek my angs, frustrasie en opstand maar vir God wys?
*Is protes teen wat met my gebeur 'n mosie van wantroue in God?

Skrywer: Protes omdat God skynbaar nie help nie, is nie verkeerd nie. Solank jy net met jou protes na God self gaan. God se oor luister ook na ons opstand, nie net na ons dank en lof nie.

My opinie:
Eintlik som die skrywer alles hier op wat ek wou se.

Nee, ek weier om te berus in my lyding. Ek wil en sal iets daaromtrent doen. Ek sal dit na Hom neem en vra dat Hy my help.

Ja, ek mag my opstand en frustrasie vir Hom wys, net soos wat ek dit teenoor my aardse vader sou wys. Ek moet dit egter direk na Hom neem en nie self die probleem probeer oplaos nie. Dan speel ek so reg in satan se hand.
Protes is beslis nie 'n mosie van wantroue in Hom nie. Ons moet te alle tye eerlik en opreg met Hom wees. Daarom moet ons ons protes en opstand met Hom bespreek, vir Hom vertel hoe ons voel. Presies net soos wat ek teenoor my aardse vader sou doen.

Hy weet lankal reeds hoe ons voel. Hy weet immers alles, maar wil net he dat ons eerlik teenoor Hom moet wees en self vir Hom van ons gevoelens vertel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Protes
Soms voel mens dat jy teen God wil protesteer, omdat ons dink ons word gestaf of dat hy ons wil seermaak, dan onthou ek wat my ma altyd gesê het: "God maak nie sy kinders seer nie, die duiwel doen dit omdat hy sodoende vir God seer kan maak..."

Stof tot nadenke.
4 jaar 4 maande 4 dae 17 ure oud


Protes
God ken my gedagtes, behoeftes en gevoelens voor ek dit self ken, maar tog vra Hy dat ons moet vra om so ons afhanklikheid van Hom te erken en te ervaar... Dankie vir hierdie kosbare deel Jan
4 jaar 4 maande 1 week 4 dae 13 ure oud


Protes
. . . en gewoonlik na my vloermoere, besef ek hoe simpel ék was.
4 jaar 4 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


Soreekwoord
,God help diegene wat hom self help.'
Dis miskien oud met baard, maar as die leraar sê, ,God wil jou/ons/my beproef,' dan het dit sin.
Ons is hier om te ervaar, om dinge in ervaring te bring, om waar te neem (en om later daaroor te berig), om te beleef. Om te leef.
Hoe sou dit wees as ons 'n ry geelwortels in 'n hidro-kultuur-beet was? Steriel. Of 'n ry biljaartballe op 'n rak? Nywerheidsafval.
Hader, baklei, twyfel, stry.
Leef.
Dankie vir die hupstoot.
GvT
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar