Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

*Is lyding God se wil?
*Of laat Hy dit net toe?
*Wat is God se wil vir my wanneer ek ly?
*Het ek 'n keuse in die "kleur" van my lyding?

Lyding kleur 'n mens se hele bestaan. Lyding is nie sommer 'n klein onderafdeling van 'n mens se lewe nie; dit word altyd intens beleef. Dit vreet aan die basis van ons geloof, met die vraag; Is lyding die wil van God?

Skrywer se antwoord:
Aan die feit van my lyding kan ek niks verander nie;
maar ek kan die kleur van my lyding kies.

My eie opinie:
Ek glo nie ons lyding is die wil van God nie. Hy laat dit wel toe omdat ons nie wil luiter as Hy ons vermaan nie. As jy nie wil hoor nie, moet jy maar voel.
God wil nie dat ons ly nie, maar Hy dring Homself nooit op aan ons nie. As ons nie vra dat Hy help nie, gaan Hy nie ons lyding verlig of weg neem nie.
Ja, ek het 'n keuse. So baie maklik. Vra Hom net om te help en die kleur van ons lyding gaan dadelik van pikswart na spierwit verander. Hy kan ons slegs help as ons Hom vra om te help.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hoekom
Ek glo weer God gebruik mense deur Satan, om vir die wereld te wys wie en wat ons werklik is. Dit bly jou keuse hoe sterk jou geloof is. En dit is daardie serk geloof van jou wat Hy wil openbaar aan die toeskouers. Miskien raps Hy jou soms ne om vir jou te se "Boeta of Sussa kom terug na my toe, jou lewe moet jy regmaak jy het so bietjie afgewaal" Staan daar nie in die Bybel "tugtig diegene vir wie jy lief is nie?" Ek glo dit is maar waaroor hartseer en lyding gaan. Dit gaan mos nie elke van ons lewe sleg in ons lewens nie. Maar as daar die dag iets gebeur, gaan dit oor die wyse hoe jy dit as mens hanteer, en wat jy daarvan maak. Wat jy met dit doen wat met jou gebeur dit is jou eie wil. God het net deur Satan jou getoets, of deur Satan vir die mense gewys, jy is soos Job. Jy sal Hom nooit verlaat nie.
4 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 10 ure oud


***
Stof tot nadenke, Jan, dankie.
4 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 4 ure oud


Ly
Geen kalm see het nog ooit 'n goeie skeepskaptein gevorm nie.
4 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 4 ure oud


Lyding
. . . is deel van wat ons geërf het na die sondeval. Nou kom ons daardeur met genade . . .
4 jaar 4 maande 4 weke 18 ure oud


lyding
Lyding kan ook God se manier wees om mens tot stilstand te ruk
4 jaar 4 maande 4 weke 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar