Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

*Moet ek ophou om te bid as ek sien dit wat ek vra, gebeur nie?
*Beteken 'n onverhoorde gebed dat God nie hoor nie?
*Wat is die belangrikste: Die seen wat God gee, of die God wat seen gee?

Skrywer: Geen gebed word glad nie beantwoord nie. Omdat Christus opgestaan het, is daar op al my gebede minstens een antwoord: opstandingskrag en opstandingslewe.

My opinie: Ek leer uit sy Woord: Bid sonder ophou. Hy antwoord op 3 maniere. 1)Dadelik. 2)Soms laat hy ons bietjie wag. Soms baie lank, soms jare. (Iets wat ons as gesin tans ervaar. Vir baie jare bid ons oor 'n spesifieke saak. Geen antwoord nie. Nou skielik na baie jare antwoord Hy. Sy tyd, altyd die beste tyd.)
3)Soms antwoord Hy glad nie, omdat Hy in Sy alwysheid weet wat die beste vir ons is. Tog laat Hy ons altyd weet hoekom Hy nie op 'n spesifieke gebed antwoord nie.
Vir my persoonlik is die God wat seeninge gee die allerbelangrikste in my lewe. As ek Hom eer, loof en aanbid gee Hy elk geval vir my ongelooflike seeninge. Ek beleef en ervaar dit daagliks.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Moeg
Vir my is dit altoos: Ja, nee of wag. Al wat ek moet doen is glo.
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 13 ure oud


Hoekom
Corina stel dit baie goed. Soms gee die Here nie wat ons vra nie, want Hy weet wat die beste is. Antwoorde? Ja ons moet elke dag bid, en jy mag die Here vra vra, maar jy mag nie aandring daarop dat Hy dit dadelik antwoord nie, Jou antwoorde sal met tyd kom. Dalk nog op jou serfbed,sal jy antwoorde kry. Maar 'n mens moet maar geduldig wat, en kyk om jou, die antwoorde le in dinge wat gebeur met ander mense om jou jy moet dit net raaksien.
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 17 ure oud


Hoekom?
Baie waar. Ek wag ook al drie jaar op 'n antwoord en intussen is dit 'n aanhoudend innerlike stryd.

Sterkte by julle!
4 jaar 3 maande 4 weke oud


Roep
Ek sal vasklou aan die woorde:
Geen gebed word gladnie beantwoord nie.
Dankie, dit gee mens hoop.
4 jaar 3 maande 4 weke 17 ure oud


Jabes
Neem bv. die gewilde Jabes gebed. Mense wat geval het vir Bruce Wilkinson se “suksesresep vir ʼn geseënde lewe” beoefen ʼn oppervlakkige fundamentalistiese tipe spiritualiteit. Hulle sien nie kans vir Job en Prediker en die apostel Petrus wat vertel van hoe lyding en swaarkry ook maar deel van die lewe is en hoe die pendulum konstant swaai tussen die pole van positiewe en negatiewe ervarings nie. Hulle wil die kortpad vat. God die wonderdoener wat daarbo sit en in beheer van alles is, kan die toutjies so trek dat hulle al die seëninge kry waarop hulle geregtig is volgens die Bybel se beloftes. En as hulle hierdie gebed jaar in en jaar uit aanhou bid, sal God op ʼn dag moet luister. Dit is dit towerspreuk waarmee hulle God kan manipuleer om ʼn gelukkige en ʼn geseënde lewe te verkry.
4 jaar 3 maande 4 weke 22 ure oud


Gebed
Ja, Hy hoor.

Ek onthou toe ek 'n kind en jongmeisie was, het ek verskriklik by die Here gekerm om asseblief tog te kan vettttt word . . . soos my ouma! En sy was GROOT, hoor? Amal het alewig vir my gevra:

"Ag, en hoekom is jy tog so maer?"

Nooit darem is dié gebed verhoor nie!

Vandag bid ek nou presies die teenoorgestelde!
4 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


geroep
Jan dit is baie waar wat jy hier skryf. Dankie vir die manier wat jy jou emosies met ons deel ons leer baie daaruit
4 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


Moeg geroep
Mat: 10 : 29 - 31 en Mat 7: 25 - 34.. So hou Hy ons instand en weet presies wat ons nodig het. Solank ons fokus op Hom bly sal ons besef Hy ken die toekoms (die groter prentjie)en al antwoord Hy nie soos ek wil hoor nie maar wel wat die beste vir my is...
4 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar