Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

*Is twyfel 'n teken van ongeloof?
*Waarheen moet ek kyk as daar geen uitsig uit my situasie is nie?
*Waar vind ek rus in my onrus?

Skrywer:

Tussen dit wat ons logika weet en dit wat ons in die geloof weet, is daar 'n geweldige verskil. Die verskil is die onveranderlike liefde en trou van God.

My opinie:

Juis wanneer jy dink dis klaar met my, kom die besef. Ek kan op geen mens staatmaak nie (Ps.116: 11) en besef ek opnuut dat ek na Hom moet kyk. Dan besef ek opnuut dat ek net in Hom kan en moet bly glo. Ps.116: 10
Maak nie saak wat die omstandighede is nie. BLY glo in Hom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Twyfel
Jip, mense bring teleurstelling, maar God bring waarheid.
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


Twyfel
Ons almal twyfel een of ander tyd. Net solank ons nie vergeet waar ons vandaan kom en Wie ons neuse bo water hou nie, en teleke male om vergiffenis te smeek.
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


Twyfel ...
.. dit is mos maar satan se manier om ons van die regte spoor te probeer kry. Met ons oog op Hom gevestig (Jes 43) weet ons dat niks ons ooit sal skei van Sy wonderbare liefde nie .. Hy ken ons dan by die naam!
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


Wat leer ons by Jesus
Jesus het eenkeer ʼn Joodse skare toegespreek op ʼn heuwel êrens in Palestina. Die mense wat na hom geluister het, was gewone mense. Mense wat ook maar gesukkel het om van dag tot dag te bestaan. Mense wat in hulle eie land aan ʼn vreemde owerheid onderdanig moes wees. Die Romeine was nie maklike heersers nie… en hulle was ook nie baie verdraagsaam nie. Dit het moeilik gegaan.
Elkeen wat na Jesus geluister het, het ook maar sy eie vrae, angs en vrese, kleingeloof en twyfel in die hart saamgedra.
Wat eet ons vanaand want die meel en olie is op? My klere is deurgedra, wat trek ons môre aan? So, die mense het maar van dag tot dag geleef! Elke dag het sy eie bekommernis gehad.
Toe praat Jesus met hulle. En sy eerste woorde is: geseënd is julle! Geseënd is die armes, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Geseënd is die wat treur! Geseënd is die sagmoediges! Geseënd is die vredemakers!
Toe begin Jesus vir hulle vertel van ʼn ander koninkryk. Nie van ʼn hemelse utopie waarheen mens moet wegvlug nie, maar van ʼn ander manier van leef in hierdie einste ou wêreld. Hier waar die Romeine dit vir jou moeilik maak. Hier waar jy moet belasting betaal aan Rome en aan die tempel. Hier waar jy 613 wette van die Rabbi’s moet onderhou en ook nie ʼn voet volgens die Romeinse Reg mag verkeerd sit nie.
Die inhoud van Jesus se boodskap was: As jy jou perspektief op die lewe gaan verander, gaan die hele lewe sommer vir jou verander! Ons hoef nie alles maar te aanvaar soos wat dit is nie. Ons hoef nie oor alles negatief te wees en heeldag saam klaagliedere te sing nie.
Daar is ook ʼn ander manier van kyk. Daar is ʼn alternatiewe manier van leef in hierdie omstandighede waarin ons ons van dag tot dag bevind! Jesus noem daardie ander manier van kyk: Die koninkryk van God. Sy filosofie is dat ʼn mens in hierdie wêreld in die koninkryk van God kan leef. En dit verander net mooi alles vir jou!
Want in die koninkryk van God, laat ons ons nie dikteer deur die omstandighede nie. Daar gebruik ons die omstandighede en uit dit dikteer ons ʼn nuwe realiteit. Met ander woorde ons kan ʼn situasie omkeer deur ons reaksie daarop en so kan ons ʼn nuwe realiteit skep. ʼn Realiteit wat vreemd is vir hierdie wêreld en die normale gang van sake. ʼn Realiteit wat lyk na iets wat in die koninkryk van God sou kon gebeur!
Dan noem Jesus ʼn paar voorbeelde van wat hy bedoel. Sê nou maar iemand klap jou deur die gesig. Wat is ons normale reaksie: Natuurlik om terug te klap. As jy dit doen, word jy eintlik ʼn slagoffer van daardie omstandighede en dan doen jy maar net mee aan die normale trant van hoe dinge in die wêreld verloop. Onthou: Jy is in beheer van jou reaksie. Kies daarom ʼn alternatiewe reaksie. ʼn Reaksie so uit die koninkryk van God uit! So, in plaas van terugklap, draai die ander wang. So skep jy met jou reaksie eintlik ʼn nuwe werklikheid. Jy bring iets tuis van die koninkryk van God. Jy maak die goddelike met jou optrede teenwoordig.
As iemand jou dwing om sy goed vir hom ʼn kilometer ver te dra, moet dit nie neersit na ʼn kilometer nie. Dra dit vir hom twee kilometer. So maak jy dat daardie persoon vuurrooi van skaamte word. Jy verander die gang van die normale met jou alternatiewe gedrag. Jy skep ʼn stukkie hemel. Jy leef dan nie meer volgens die wette van die wêreld waar dit ʼn oog vir ʼn oog en ʼn tand vir ʼn tand is nie. Nee, jy kies vir die alternatief. En so leef jy dan as’t ware in die koninkryk van God in hierdie wêreld.
As iemand jou bokleed vra, gee hom ook dit wat jy onder jou kleed aan het.
Met hierdie hele gesprek wou Jesus vir die mense leer om op ʼn ander manier, op ʼn nuwe manier na die lewe te kyk.
Nie te kyk om fout te soek nie, maar kyk om te sien waar jy ʼn verskil kan maak. Nie kyk om te sien waar kan jy oordeel nie, maar kyk om te sien waar kan jy uitreik en liefhê. Nie kyk waar kan jy ander benadeel om jouself daardeur te probeer verryk nie, maar om te sien hoe jy in verhoudings en in jou medemens se welwees kan belê.
So: Jesus het ʼn positiewe boodskap wat die wêreld kan verander. Hy sê vir hierdie skare wat na hom luister: Kyk met nuwe oë na die wêreld rondom jou en sien al die geleenthede raak waar jy dit beter kan maak!
Julle is tog immers die sout van die aarde en die lig vir die wêreld. En deur geleenthede raak te sien waar jy kan opbou eerder as afbreek, daar soek jy die koninkryk van God. Die koninkryk van God lê in die basiese en in die eenvoud. Daar waar jy met die keuse van jou reaksie ʼn verskil kan maak.
Ons leef so ver daarvan af: Ons het in hierdie dae waarin ons leef, ons besittings vermeerder, maar ons waardes verminder; ons het geboue wat die hemel in rank, maar onverdraagsaamheid wat nie eers tot op vloerhoogte styg nie; Ons spandeer meer, maar besit minder; Ons koop meer, maar geniet minder; Ons het groter huise, maar minder huislikheid; Meer gerief, maar minder tyd vir mekaar; Meer kennis, maar minder wysheid; meer spesialiste, maar minder oplossings; Meer medisyne, maar minder geluk.
Ons lieg te veel en beoefen te min die waarheid; Ons het geleer om te bestaan, maar nie om werklik te leef nie; Ons het met moderne wetenskap ons lewensjare verleng, maar nie verdiep en verinnig nie.
Soek die koninkryk van God en al die ander dinge, sal ook vir jou begin sin maak. Met ander woorde: Begin om met nuwe oë na die lewe te kyk. Reageer alternatief. Moenie oordeel nie. Moenie die foute in ander raak sien nie, want onthou die balk is eintlik in jou oog!
Jy is die een wat ʼn verskil kan maak. Om die wêreld te verander begin by jou. Jy moet anders begin kyk!
Dit was die inhoud van Jesus se boodskap. Leef! Leef voluit! Wees die verskil wat jy in die wêreld wil sien.
Jesus was ʼn Joodse Rabbi wat nuwe lewe in ʼn dooie ou godsdiens wou blaas. Daarom kom hy met hierdie hoek in sy prediking. Hy was nie ʼn Christen nie. Hy het nie geweet dat hy na sy dood vergoddelik sou word nie. Hy het nie geweet dat mense sou sê dat hy vir ander se sonde aan ʼn kruis sou sterf nie. Dit was nie sy missie nie. Hy sou in elk geval as Jood gedink het dis godslasterlik om so te praat.
Hy wou maar net preek en sê dat mense God se Liefde in die wêreld teenwoordig moet maak. En mense het in sy lewe en optrede God se Lig en Liefde gesien en beleef. En daarom het sy dissipels hom begin volg en daarom het skares opgedaag om na hom te luister. En daarom het sy dissipels na sy dood gesê: Hy leef – want dit wat hy verkondig het en die inhoud van sy boodskap sal vir ewig bly voortleef.
Soek die koninkryk van God! Soek en vind dit in die keuse van jou reaksies op dinge wat met jou in die doodnormale gang van die lewe in hierdie wêreld gebeur. So het Jesus die mense geleer.
PJW Schutte
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


Twyfel . . .
Ons glo maar almal dikwels met 'n bewende broek . . . solank ons maar net bly glo!
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


twyfel
Twyfel is maar n aanval van satan maar as jou geloof sterk genoeg is sal jy net oorwin
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar