Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

*Is God 'n gryse u Vader wat ons van "iewers daarbo" dophou?
*Is Hy die straffende Regter wat beskuldigend vir ns vinger wys?
*Is God, die koning, onbereikbaar ver op sy hoe troon?
* Hoe lyk God se gesig?

Die skrywer se antwoord: God se gesig is die van 'n troue vriend.

My eie opinie:

Nee, nee, duisend maal nee. Hy is nie 'n gryse ou Vader nie, nie die straffende regter nie, nie onbereikbaar ver nie.

Ons se so graag Hy is altyd daar vir ons. Hy is nie daar nie (dit klink so ver weg)Hy is altyd hier vir ons. Hier by my, naby my. Hy veroordeel nie. Nee, Hy lei en leer ons om die regte pad te volg. Ja, Hy tugtig ons met liefde as ons verkeerd trap.
Hoe hy lyk? Maak dit regtig saak? Ek kyk net in die spieel, dan sien ek Hom. Ek is immers na Sy beeld geskape.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hartsien
Die vos (jakkals) sê vir die Klein Prinsie: ,Slegs met die hart kyk jy goed.'
En met daardie blik kan ek God oral sien. En so kan jy en jy en jy en hy en sy en ons almal.
Want ek is in God en hy is in my en jou en jou en jou en hom en haar en in ons almal.
GvT
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


***
Goeie bydrae, Jan. Dankie.
4 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


God se gesig . . .
al wat ek kan sê is dat my hart Hom 'sien' . . .
4 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud


gesig
Baie waar Jan maar soos Anze ook dit noem ek sien Hom ook in die natuur
4 jaar 4 maande 4 weke oud


God se gesig
Ek sien Hom in die natuur en ook in die spieel want dit is soos jy se.. ek is na Sy beeld geskape en Hy woon in my.. Ek wil ook vir Koekekranka ditto. Dankie Jan vir die deel
4 jaar 4 maande 4 weke 10 ure oud


Hoekom? God se verwronge gesig.


En ek las graag aan by Henkst: " Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, WANT GOD IS LIEFDE."(My eie beklemtoning) IJohannes 4:8

4 jaar 4 maande 4 weke 10 ure oud


selfgeskepte prentjies van God
As 'n mens oor God praat, probeer jy in menslike taal gestalte gee aan 'n saak wat nie onder woorde gebring kan word nie. Al moontlikheid wat dan oop is, is om God te probeer beskryf aan die hand van dinge wat wel aan ons bekend is. Ons kan dus hoogstens sê: God is iets soos 'n hemelse Vader, 'n goeie Herder, die Brood van die lewe (m.a.w. 'n beskermheer en versorger), die Lig van ons lewe, ensovoorts. Dit bly egter beperkte begrippe wat God nooit kan vasvat nie. En belangrik: dit is steeds net simboliese/metaforiese maniere om oor God te praat. God kan tog nie letterlik 'n skaapwagter of 'n pa of 'n stuk brood wees nie! Ons kan sê: die mens beskik net oor (selfgeskepte) prentjies van God en die meeste hiervan is uiters gebrekkig (bv, Moses sien God net in die verbygaan, van agter af).
4 jaar 4 maande 4 weke 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar