Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het bietjie baie afgeskeep oor al die groot vakansietyd. Hier volg nog 'n paar uittreksels wat ek nie kan agterlaat nie.

*Wat weeg die swaartsre in my lewe?
*Hoe leer ek ander na my swaarkry kyk?
*Kan mens regtig in die onsigbare iets van die sigbare gewaarword?

Skrywer:
Geloof is 'n eienaardige manier van kyk.
Dit leer jou om dwarsdeur die sigbare die Onsigbare waar te neem, om in die tydelike tekens van die ewige raak te sien.

My opinie:

In my lewe weeg die swaarste die feit dat ek waaragtig daarna streef, en alles in my doen, om die ewige lewe te mag ingaan.
Ek hoef nie ander te leer om na my swaarkry te kyk nie. Dis 'n persoonlike saak tussen my en my Vader. Ander kry dalk baie swaarder as ek. Hoekom hulle dan nou ook nog met my swaarkry belas?
Solank ek weet my God is besig met my, op watter manier ookal, is ek nie gepla oor sigbare en onsigbare nie. Solank ek weet Hy maak bemoeienis met my, is dit meer as genoeg vir my.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ek hoor jou, Jan.
3 jaar 9 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


Geloof. . .
Ja Jan, daar is inderdaad 'n baie diep waarheid in jou skrywe. . . So stap elkeen van ons sy of haar unieke pad met Jesus. Regverdigmaking is die werk van 'n oomblik wanneer ons Hom aanneem. Dan volg Heiligmaking, die werk van 'n leeftyd deur Hom in ons lewens. Geloof is om Hom te vertrou gedurende ons hele menswees reis terwyl ons leef om Hom te verheerlik.
3 jaar 9 maande 1 week 5 dae 1 uur oud


weeg
Jan weereens n groot lewensles vir ons hierin
3 jaar 9 maande 1 week 5 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar