Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoeveel is ‘n soen werd mag jy jouself afvra. By sommige Amerikaanse marke kan jy ‘n soen van ‘n beeldskone jong dame vir ‘n Doller of twee optel.

Hoeveel is jy bereid om vir ‘n soen te betaal? Daar was ‘n man, Judas, wat 30 silwer munte betaal was vir ‘n enkele soen. Die soen van ‘n vertroueling, volgeling en vriend. Die verkose bedrieër en mede-volbringer van die Evangelie.

Ja, ek wil so voorbarig wees en sê dat as Judas nie vir Jesus verraai het nie, wie sou?

30 Silwer munte was ‘n duur prys om te betaal, maar die priesters het met daardie 30 munte menigde lotte verseël:

1) Die lot van Jesus, ons verlosser wat vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Die dood oorwin het en besig is om vir ons ‘n plek gereed te maak aan Sy feesmaal;

2) Die lot van Judas, wat spyt was nadat hy vir Jesus verraai het en ‘n mismoedige droewige dood aan ‘n hals gesterf het;

3) Die menigde mense daar buite wat as gevolg van Judas se verraad die geleentheid gegee was om verlossing te vind.
Hoeveel is ‘n soen werd vir jou? Vir my is ‘n soen 30 silwer munte, die lewe van my Verlosser en ook die lewens van menigde soekende mense daar buite werd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Goed gesoen
Ek bedoel gedoen! ;-)
Mooi skrywe.
4 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


Soen
Uitmuntend bedink en verduidelik! 'n Hele vars benadering, baie dankie!!
5 jaar 1 week 6 dae 2 ure oud



DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar