Rubrieke

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wie kan vir my eerlik in die oe kyk en sê hy het nog nie so skelm skelm na die advertensies van daai pilletjies, dis nou die soort wat mens menigte ure van plesier belowe, gekyk nie.

Wel ek staan in die apteek en wag vir ‘n voorskrif. Om nou die tyd om te kry lees ek almal se beloftes op hulle advertensies en een groot bord van my oog. Die beloftes begin oor makliker oorgangs jare en daar vang die woorde my vas, ek mos nou al so oppi vyftig merk. Nagsweet, droe vel en lae libido…..kyk daar het hulle my toe.

Ek vra Johanna nou wat kos die “kursus” dan nou.
Die antwoord kom "R45.00" en ek sien ‘n bargain.
“nee mevrou, dis net vir een” en Johanna kyk my aan met sulke skaap oe.
Die liggies gaan aan en ek weet ek het nou net ‘n krater van myself gemaak. Johanna sien ek weet toe ewe skielik wat se pilletjies “die” nou is en haar oe begin so te blink.
“Ja mevrou en daar is vir die man en die vrou”.
Teen daai tyd skater ek van die lag en die apteker wat my ook so gestaan en luister het is nou ene ore en lag. Ons bespreek die ou pilletjies en die voordele met so tong in kies oftewel lies.
“Johanna maar teen daai prys is dit mos ‘n “bargain” en Johanna is vol duiwels.
“Ja hulle sê die goed werk” en oorreed my net daar en so half vir die grap om ‘n “his” en “hers” te koop.

Ek bere die ou 2 pakkies, een nogals goud en die een silver versigtig waar manlief dit nou nie moet sien en vergeet so paar dae van dit. Saterdag middag is ons alleen en ek en manlief sit so vir mekaar en kyk. Dan onthou ek van die “pilletjies” ! Ek pols pa so neffens en onmiddelik is hy ene ore. “Waar daai pilletjies” en spring met die veerkrag van ‘n jongbok op om die pilletjies te gaan haal. Skoon vergete is die jig en ander pyne. Sy oe blink sommer en ek weet die beloftes is daar.

Ek protesteer nog en probeer die baie fyn skrif te lees toe het pa al die pilletjie gesluk met die “His” op. Omdraai is daar nou nie meer nie. Ek kon darem die deel gelees kry met my “Clicks bril’ wat sê “Take 1 hour before ACTION”. Toe sluk ek.
“Tap die bad Liefie” kry ek die bevel na ek van die een uur tydzone gelees het.
“Hier kom ‘n ding” Ek gooi die soute en olies in die water en sit die borrelbad aan. Ons bad dat die skuim amper teen die dak staan, kort kort kyk hy so na my om te “check” of die ou pilletjie nou al sy werk begin doen. Smeer lekker seep aan alles wat nou saak maak. Voel skoon soos ‘n dogter op haar eerste “date”, terwyl ek wag vir die “oemf” om in te skop. Na die bad is dit kamer toe. Daar word gepoeier en ge”cream" en ek gaan lê vol afwagting op die bed.
“Werk dit al vir jou” vra pa met hoopvolle oe. “nee “ dink ek maar sien die afwagting op sy gesig en besluit om maar saam te speel.
“ja en vir jou” en trek hom nader.
“jislaaik ja” en gewillig kom hy ook nader.

Dis nou hier waar ses en twintig jaar se saam wees en ‘n bietjie “acting” nou oorneem en hier op ‘n saterdagmiddag met net ons twee so alleen in die huis skop daar ‘n pilletjie in die gedagtes in wat ons weer soos jong bronsige kalwers innie veld maak huppel.

So rukkie na die aksie word ek verskriklik dors. Maar ek bedoel soos in ernstige. Manlief bevestig ook die groot dors en ons begin na iets soek om te drink. Ek onthou die “Tang” vitamien koeldrank wat ek so in pakkies vir hom werktoe insit en onmiddelik word daar 5 liter “Tang” gemaak en ons drink. Nie lank of ons het die 5 liter klaar gemaak.

Daardie nag lê ons altwee na die donker en staar. Nie een kan slaap nie. Jy draai jy rol jy sug en dan so teen twee uur die oggend drink ons saam tee, drie uur loop ons elkeen op sy beurt toilet toe, vyfuur drink ons tee, sewe uur staan ons op en half nege sit ons leepoog na mekaar en kyk oor die ontbyt tafel.

“Daai pilletjies het niks gedoen nie” sê vra manlief
“Nee” antwoord ek “net dors”
Ons bars albei uit van die lag en ek gaan haal die lee pakkies in die sitkamer. Met ‘n vergrootglas lees ons die bestandele. Daar is Vitamienes in wat jou bang maak. En die chineese wortel van alle kwaad is daar menig in. Voeg al die vitamienes van die “Tang” koeldrank by “voila “ daar het jy twee vitamien junkies vir die nag gehad.
Sonder om verder te kibbel is ons altwee terug bed toe en slaap ure aaneen. Geen soeke na passie net na ‘n goeie slaap.
En toe Johanna vra of dit gewerk het
“Ja” het ek met ‘n “smile” geantwoord
En die blink in my oe was nie van die passie nie maar van die vitamiene” “rush” wat ek ons twee so ingekoop het.

Naskrif : Ek sien daar nou ‘n nuwe een oppie mark….wonder tog!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

giggel ek nou lekker. Gelukkig kon jy en die apteek mense die wonder deel ...ek's seker hul het ook gewonder ...nes ons almal!! Mooi beskryf!
10 jaar 1 maand 2 weke 7 ure oud


Kostelik, ek het nou heerlik gelag.
10 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud


Pilletjies
Die ouens wat die piletjies maak vergeet natuurlik dat die mees aktiewe seksorgaan die menslike brein is. Puik geskryf. Doe zo voort
10 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud


Dankie, nou het ek so vroee oggend grin hier op my gesig. Baie lekker gelees!
10 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Ek wil ook so ouer word!!! Met hope lag en blink oë!!! :-)
BAIE goed vertel/geskryf!
10 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 6 ure oud


Sien hoe sterk kan vitamiene en beloftes wees? Gaan kry daai nuwes ook, en sit dit in die varing op die stoep, hy nodig hoeka 'n oemf vir beter groei en dan gryp jy vir pa weer so net vir die lekker. Wie het nou 'n pil nodig as die begeerte en lekkerlag nog 'n groot rol speel? Net die feit dat julle dit saam gedoen het het jul die wêreld se goed gedoen. Dankie vir hierdie een, dit het my geboei en lekker laat skater. Staan en bel toe sommer dadelik 'n pel van my en sy moes ook eers giggel by die werk. Baie dankie vir die deel van hierdie storie, hoop jul gaan nog laatnag laf giggel oor die simpel pille en die diep dors, en dan sommer net in mekaar se arms aan die slaap raak. Fantasties!
D
11 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 13 ure oud


kyk as ek eendag so kan oudword - vat ek 2! dit was komies en so lekker vertel dat ek nou nog skater van die lag...met my prentjie brein is dit 'n movie op sy eie. dankie vir die deel hiervan...
11 jaar 9 maande 1 dag 11 ure oud


Ek Vlek sê: Die helfte van die excitement is mos die afwagting, babe. En met al daardie energie kon julle baie creative geraak het…Nou scheme ek Johanna gaan ook die “His & Hers" uit try maar jy moet haar inlig oor die Tang wat die “groot dors NA liefde” les.
11 jaar 9 maande 1 dag 15 ure oud


die werklike oomph van daardie pilletjies was>hierdie storie,wat sonder daai pilletjies nie gebore sou gewees het nie.
mooi vertel.en dankie vir die smile.
11 jaar 9 maande 1 dag 18 ure oud


Lekker giggel ek nou. Jy't mooi vertel.
11 jaar 9 maande 1 dag 19 ure oud


Hom en Haar pilletjies
Geniet ek die kommentaar vreeslik, dankie!! Boernooi ek het 'n tannie van 71 en oom 76 en die ander dag toe ek vra hoe gaan dit antwoord sy "verskriklik goed my kind ek en die oom sukkel net om weer swanger te raak" So Boernooi as dit nou dan die geheim van hulle geluk is, laat waai he he he
11 jaar 9 maande 1 dag 19 ure oud


His and hers
Goud en silwer pakkies seg jy? Sal seker nie te moeilik wees om raak te sien nie! Net gedink ek en die German kan doen met 'n klompie vitamines so op ons ouderdom! Niks anders in gedagte nie met die dat ek nou 'n respektabele ouma is sien! hie-hie. Ek het hierdie 'happie' van jou geniet.
11 jaar 9 maande 1 dag 19 ure oud


Vitamiene
Miskein drink ons te min van daai opkikkervitamiene soggens, dat hulle ons nie aan die gang kan hou tot voor 'cuddletyd' nie!
11 jaar 9 maande 2 dae 7 ure oud


Ha ha hie hie. die een baie geniet. Ook altyd oor dit gewonder. Sal liewer dit verbylaat. Sien nie kans vir die groot dors nie
11 jaar 9 maande 2 dae 7 ure oud


kostelik, sal maar moet onthou vitamiene werk regtig.
11 jaar 9 maande 2 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    HOOP

    deur Ano

    HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar