Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het onlangs ‘n klagte van ‘n vrou gehoor dat hot wax nie regtig jou vriend is nie. Ek het hierdie teorie gaan toets, myself, en nie op een of ander onwetende proefkonyn nie.

Ek ry op die oomblik baie fiets en dit veroorsaak ingroei beenhare wat nie regtig lekker is nie. my binnebeen lyk soms soos die wange van ‘n tiener. Die een lat wat saam met my fietsry stel toe voor dat ek die wax ding gaan doen. Hy sê dit is nie so erg as wat jy dink dit is nie.

Die volgende oggend maak ek toe my afspraak. Die vrou sê toe dat sy eers die volgende dag my sal kan help aangesien die ander meisie vandag besig is. Ek verstaan toe nie wat dit met die prys van eiers uit te waai het nie en vra wat maak dit saak.

Ek word toe ingelig dat ek in stereo gewaks gaan word. So, volgens hulle, is dit vinniger en minder pyn. Ek moet saamstem, nadat dit verby is, dat die stereo effek beter werk.

Ek rapporteer laat middag toe vir my sessie en omtrent elke tweede woord wat uit die twee vrouens se monde kom is ‘n keuse uit volgende: pyn, eina, shame, siestog, jammer, ekskuus, dit raak beter, hou vas, soek jy iets om op te kners? Ens.

Dit is net sowel jy gaan dokter toe vir jou jaarlikse prostaat toets en die dokter vertel jou dat hy sulke onnatuurlike groot hande het dat Guinness wêreldrekords hom volgende kom besoek. Dit help nie om jou op jou gemak te stel vir wat nou aan jou gedoen gaan word nie.

Die sessie het toe afgeskop met die voorkant en ek kan met alle eerlikheid sê dit was regtig nie so seer nie. Ek het selfs met ‘n kliënt oor die foon gepraat terwyl hulle dit doen sonder dat hy enigsins agterkom dat hulle besig is om my beenhare teen die grein uit te pluk nie.

Langs die knieë was dit baie gevoelig maar hanteerbaar. Alles loop regtig vlot. Agterkant was ook oraait gewees alhoewel seerder as die voorkant.

MAAR NIKS kon my voorberei wat ek op die einde gevoel het nie. Die binnebeen. Liewe moeder Maria, dit was so seer dat ek sweet uitgeslaan het. Soveel so dat dit die waks proses begin hinder het.

Nou stel jouself voor hoe dit moet voel, twee vrouens, elke met ‘n lank strook papier perfek aan die waks was, die waks aan jou binnebeen vas en dan pluk hulle gelyk. Daar het wel ‘n ou gilletjie uit my kom gevolg met ‘n k, f en d woord.

Ek wil net aan vrouens sê dankie dat julle soveel pyn deurgaan om mooi te lyk vir ons. Ek sal dit in die vervolg meer waardeer. Ek wil ook graag groot goud medaljes aan alle vrouens oorhandig wat die “Brasiliaanse” roete gaan. Ek wil nie eers dink hoe dit moet voel as waks op daardie plek van my lyf gesmeer moet word nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ara
Lag nou nog
Foei Willempie. Daar doet jy dit toe ook. Hierdie pyn issie virrie manne nie. Hie, hie, hie . Kostelik vertel.
11 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


O eina!
Kyk, ek het lank laas so lekker gelag. Dankie, wat 'n lekker manier om my dag af te sluit. Maar as jy dink om pyn en lyding stop by 'n brasiliaanse wax, moet jy weer dink. Onthou van ons is geseënd met 'n welige bos wenkbroue wat ook so af en toe in toom gehou moet word en dan leer ek weer 'n paar nuwe woorde by wat sommer vanself oor my lippe glip.
13 jaar 3 weke 9 ure oud


Ja nee, die saak van fietsry
Ek geniet die fietsry maar soos my pa my geleer het, elke sport het sy eie beserings. Probeer dit ten minste net een keer, jy hoef nie te skeer of te waks nie.
13 jaar 1 maand 2 weke 17 ure oud


Hot wax @#*&
Sien jy nou? Dit is hoekom ek nie fietsry nie. Ek sal loop, hike, liewer by die huis bly of toonnaels knip. Dankie vir die waarskuwing. Ek het dit baie geniet om van jou leed te lees.
13 jaar 1 maand 2 weke 17 ure oud


Jax
Hi W.W.
Ja nee, luister vir ons girls. As dit kom by die baard... DON'T TRY THIS AT HOME hehe... Trust me, jy gaan vir DAE lank pyn hê. Maar dis goed om te hoor dat mans die "guts" het om ook die Wax thing te probeer... Sterkte met die binne bene!!
13 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 14 ure oud


wax - nie elke jan rap en sy maat se maat nie!
Hi Willem,

sit ek nou en giggel my DOOD! Kan nou nie sê ek weet hoe jy voel nie, want ek vermei die W woord soos die pes, maar kan wel sê ek was by toe Wix dit getry het. Hy is ongelukkig een van daardie bosbobejaantjies en wou toe mos bietjie ontslae raak van die "ingroei" haartjies. Ek hoor nou nog sy rou klae toe die binne been getackle was! hehe
Maar mister Wix het terug gegaan vir die borshare ook - ja amper soos "the 40-year old virgin" toe ons 'n cross-dress party gehad het en hy een van my "cleavage" hempies wou aantrek! ek sê jou Tarzan het soos 'n midget geklink in vergelyking met hom. Nou lag ons, ons dood as ons daaroor praat.

Een laaste puntjie - moet nooit jou BAARD probeer waks nie - dis 10 keer erger as jou binnebeen - ek weet dit want liefie se boetie het DIT probeer - maar dis 'n storie vir 'n ander dag...

lekker hieraan gelees...Julle manne is ook maar lekker sissies maar dis goed om te weet iemand waardeer al die moeite wat vrouens aangaan.

lekker waks

nd
13 jaar 2 maande 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar