Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hier hoef jy vir niemand te luister nie.

Maar as jy wil…….

Dalk na die wind wat deur die geel blaar bome gesels. Ja, gesels want dis nie ‘n geritsel of gefluister, dit is so duidelik genoeg dat jy wil terug gesels. Ek wonder waaroor sal ons gesels, wat sal ek kan terug sê wat hulle nie weet? Die jare wat hulle in hulle basse dra sal tog wyse woorde kan bring.

Miskien wil jy luister na die reen wat plek-plek val op die sinkdak net hard genoeg om die geluide uit te doof in jou gedagtes. Geluide wat op ander plekke saak maak, maar nie hier nie. Geluide wat jy na oor en oor moet luister elke dag, elke uur, elke minuut op ‘n ander plek.

“So oud soos die berge”……. klink soos iemand om na te wil luister. Na stories oor hoe hulle gevorm is om te lyk soos uitgebakte miershope wat gras velde afbaken sodat jy met reg kan se “daar anderkant die berge”. Wat is daar anderkant die berge? ‘n Ander plek, ‘n ander seisoen, iets om aan te vat of dalk iets wat aan jou gaan vat?

As jy warm kry, wag maar vir die reënbui en as jy nie reënnat wil word nie, wag maar ‘n wyle vir die skadu skeppende son, want dit kom alles op eendag. Vier seisoene, twee keer op ‘n dag en sommer ook vir afwisseling, Augustus winde ingegooi heel jaar.

Roes op rooi lek-lek op die sinkdak wat skugter uitsteek tussen die wilde plaas gras. Grondpaaie wat se stof nie swaar op jou kom lê nie, maar wat jou skaafplekke salfie smeer. ‘n Verlatendheid wat nie alleen is nie. ‘n Stilte wat nie oorverdowend is nie.

Dit is waar jy die daardie nodigheid om niks te hê om aan te vat, om niks te hê om aan te dink en om niks te hê om te voel, mag kosgee. Dit is waar jy onthou dat jy lewe en nie net aan en aan oorleef.

Hier hoef jy vir niemand te luister nie! Nie eens vir jouself!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek sal oral loop en soek na hierdie mooiste huisie al is dit net om in stilte na die wind te luister.
a.
9 jaar 4 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


Oe! baie, baie mooi geskryf...maak mens verlang na iets wat jy nie eers weet nie!
9 jaar 4 maande 1 week 6 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar