Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het vriende oorgehad vir ‘n twee dae kuiertjie. Hulle kom van Australië af, egte Ausies, nie uitgevoerde modelle van SA af nie.

Daar is sekere dinge in die lewe wat my krap en dit is elke tweede ou wat jou kar oppas en dan swak diens. Ek het gekla toe ons gaan uiteet vir middagete en meer as een persoon wil weer na my motor kyk.

Ek het myself skuins gestrip op die lughawe toe ek by die parkeer area kom en die hek staan oop. Amper ry ek in toe sien ek dat jy R78 betaal as jou kaartjie weg is. Ek ry toe terug en gaan by die ander hek langsaan in. Langs daardie “boom” sit die wag op sy gat en doen niks.

Weereen gaan ek toe af oor die boks wat daar sit en niks sê oor ‘n hek wat nie werk nie maar liewers net sit en kyk hoe die klient sukkel. Ek is oor die kole gehaal oor my ongeduld omdat die wag dalk op tee kan wees.

Volgens hierdie mense se aanmerkings moet ek seker die grootste rassis wees. Dit omdat hulle nie in ag neem wat elke persoon in sy eie land ondervind nie. Hulle het diens en mense wat werk. Terwyl SA, in sekere gevalle tops in diens is, maar in meeste gevalle swak is verwag hulle dat dinge self sal verbeter as jy jou mond hou.

Diens begin by verhouding. Die eerste probeerslag kom van die werker na die klient af. Dit is hoekom ek die petroljoggie elke keer “tip” as ek petrol ingooi want hy groet my in Afrikaans en probeer my help. Ook die rede hoekom ek my bediende vandag geld gegee het omdat haar handsak gesteel is want ons werk saam en verstaan mekaar se probleme.

Mense moet ophou oordeel op algemene vlak en eers kyk hoekom die persoon klae. Dak maak ek nie sin nie maar die feit bly staan. Veg vir jou reg om diens op jou standaarde te ontvang waar moontlik.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar