Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Almal ken die mense wat elke dag van vroeg af op straat hoeke staan opsoek na werk, het julle al agtergekom dat hulle later en later in die dag nog staan?

Ek weet soms raak ons erg geïrriteerd met hulle veral die ouens met bakkies. Dit is snaaks dat ‘n bakkie met werk assosieer word. Ek wonder of die bestuurders wil voorgee of hulle werk deur ‘n bakkie te ry? As jy langs die pad stop om gou ‘n oproep te neem word jy gewoonlik oorval soos ‘n eiland nie eers deur ‘n tsunami oorval kan word nie.

Maar die groot hartseer van die saak is dat hulle langer en langer vat om werk te kry. Gewoonlik het die straathoeke leeggeloop teen 11:00 maar deesdae sien jy mans daar staan tot so laat as 14:00. Teen daardie tyd is die dag verby en hy kan dalk net ‘n ‘n tien of twintig rand nog verdien maar is bereid daarvoor te wag.

Ek wens ek kan een van hulle se skoene vul vir net ‘n dag. Ek wil weet hoe dit voel om vir ‘n basiese bestaan te veg en af te dinges terwyl jy dit doen.

Meeste van ons veg ook daagliks vir ‘n bestaan maar dit is op ‘n ander vlak. Ons worry oor ‘n huis afbetaal of watter klere ons NOU moet koop of oor hoe ongelukkig jy in jou werk is omdat jy nie soveel soos jou vriende verdien nie.

Ek wonder of ons dalk ‘n voedingsskema aan die gang moet sit? Net ‘n eenvoudige pap en sousie vir die ou. At least is dit een minder ding om oor bekommerd te wees.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar