Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Elke streek het mos maar sy eie dialek en ou “goeterjies” wat ons by die taal byvoeg. Jy herken iemand sommer vinnig aan sy herkoms as jy ’n fyn oor het vir sy taalgebruik. Komende van Namibia waar ons so baie van ons segoed van die Namataal geleen het, word ek dikwels beskuldig dat ek “plat” Afrikaans praat.
Maar ek dink dat Namakwaland definitief sy eie taal geskep het. Dit val so lekker op die oor. Soms wanneer ek tussen Namakwalanders sit voel dit vir my amper soos ’n oorsese kuier want ek verstaan nie die helfte van die gesprek nie. Hulle beskrywings en benoemings is volrond en ryk en as jy tyd afstaan om so ’n bietjie ondersoek in te stel kom jy agter dat hulle iets beskryf presies soos hulle die waarneem.
Ek het ’n pragtige voorbeeld hiervan gevind - PJ Lerm – 1997 Variasie in die Afrikaanse Taalgebruik van leerlinge aan ’n Namakwalandse Hoërskool.
Ek haal aan uit die skrif:
As iemand iets baie goed kan doen, word gese hy is breekwater.

Hy het 'n boepens soos 'n potbrood.
’n Vet mens lyk soos ’n sleggetrapte wolbaal.
Ek gaan vanaand uitstap. (uitgaan) Ek gaan na die dans optrek
Moenie vir jou perkaatlik hou nie. (snaaks)
Hy ry die porseleinskoeter. (naar en vomeer oor die toilet)
Hy is so taai soos goue stroop op ’n koue more. (is bot)
Plankpens gaan lê (honger gaan slaap)
Hy het vleis gevat (vet geword)
suipkjend (drink nog aan sy rna)
Hy gaan sandkooi toe (gaan dood)
Hy gaan die houtpak aantrek (dood -in die kis)
Sit 'n bord op (speel'n plaat)
Jou mond in In krul sit vir kos (hou nie daarvan nie)
Hy het kopnaat (is slim)
Uitstaankruis soos In trolliestoter (bree heupe)
Ek hoop net dat bogenoemde tog ook vir die nageslag beware sal bly!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

-
Dankie vir die deel hiervan. Baie interessant.
5 jaar 11 maande 5 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar