Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jou lewe soos jy dit nou ken, kan dalk tot ‘n einde kom. Hoe om dit te vermy!

Het jy agtergekom hoeveel vinniger jou uitgawes groei vergeleke met jou inkomste? As jy voortgaan op hierdie pas sal jou lewe, soos jy dit vandag ken, tot ‘n einde kom. Wat jy vandag het en hoe jy vandag leef sal die beste wees wat jy ooit sal leef. Tensy jy beheer neem van jou eie ekonomie.

Neem in ag dat dit nie net jou uitgawes is wat groei nie, maar ook jou drome en die drome van jou geliefdes. Ek ondervind hierdie situasie tans in my lewe waar my dogter skaars begin het met hoërskool en al klaar besluit het dat sy oorsee wil swot waar haar vriendinne gaan studeer. Ek sal moet plan maak vir dit. Ek het my meestersgraad onlangs met meriete verwerf - waar ek op inovasie gefokus het en dan ook my sertifikasie in life coaching verwerf. Ek het verlede jaar al beplan vir alles wat ek hierdie jaar gaan swot want ek is mal oor leer. Maar toe ek hierdie jaar begin betaal het was daar ‘n groot verskil tussen wat ek moes betaal en waarvoor ek begroot het. Dit was baie meer en ek kom toe agter hoeveel meer as enigiets anders in my lewe, die koste van opvoeding styg.

As ek kies om voort te gaan soos nou en nie beheer neem van my eie ekonomie nie, gaan my lewe inkrimp en stagneer in plaas van groei. Ek gaan ‘n goedkoper motor moet ry, ek en my gesin gaan elke nou en dan na ‘n kleiner en goedkoper huis moet trek, ons gaan minder leef, minder leer, minder sien, minder droom en later minder wees as mense.

Ons kan nie na regerings, groot sake-ondernemings or selfs die groter ekonomie kyk om tot ons redding te kom nie. Hulle is saam met ons in hierdie bootjie. Jy het net een keuse en dit is om beheer te neem van jou eie ekonomie.

Jy neem beheer van jou eie ekonomie deur die geleenthede wat jy tans beskikbaar het in jou lewe te ontgin en te groei. Daardie geleenthede het minder risiko en is van toepassing binne die raamwerk van jou huidige lewe. Deur daardie geleenthede sistematies te ontwikkel in projekte en uiteindelik besighede wat jou inkomste potensiaal sal groei, nie net om te pas by jou uitgawes nie maar dit verby te steek, kan jou drome en die van jou gesin saam met dit groei en nie stagneer nie.

Ek het oor ‘n lang periode ‘n program geskep wat jou presies dit leer, om beheer te neem van jou eie ekonomie en ek noem dit indivineur – geleentheid versneller. Dit is dat jy beheer neem van jou eie ekonomie die ekonomie te groei van die grond af op. Jy, gekoppel met die aksie wat jy neem, is die antwoord tot ‘n groeiende ekonomie. Jy skep jou eie oorvloed. Vir meer inligting oor indivineur besoek www.indivineur.com

Oor die skrywer

Die grootte van jou besigheid en die sukses daarvan hang van jou en die grootte van jou denke af; Willem Gous is ’n kenner op hierdie gebied, deurdat hy verskeie van sy eie maatskappye al vir meer as 15 jaar bedryf.

Hy help mense en besighede om daardie geleenthede raak te sien wat nie voor die hand liggend is nie en help hulle dan om daardie geleenthede te omskep in besighede wat die regte produk maak op die regte manier en in die kortste moontlike tyd. Sy indivineurskapmetode fokus op sameskepping wat risiko aansienlik verminder - hierdie spesifieke metode kan toegepas word op ‘n klein dorpie in Afrika, gemeenskappe en selfs besighede.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

WsW
Dit klink baie interessant, maar ook waardevolle inligting aan die leser verskap. Kiekies het die goedjies uitgelig wat ek ook raakgesien het. Maar die skryfstyl is goed, lees maklik en is maklik verstaanbaar. Sal graag meer hieroor wil lees :)
5 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 6 ure oud


Baie dankie Kiekies
Baie dankie Kiekies.

Dit is presies wat ek na opsoek is. Sameskepping is co-creation. Ons skep idees saam deur ons idees saam te sit en nie net soos lego blokkies te laat pas nie maar dat dit mekaar se idees vorm en verander in iets anders. Iets groter as wat ons alleen kon reg kry.

Ek maak veranderinge.
5 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 9 ure oud


indivineur
Baie interessante en relevante onderwerp wat jy hier aanraak, met 'n moontlikheid van groot lesersaanhang in hierdie tye.

Kyk na die volgende voorstelle vir korreksie:
inovasie - innovasie
ontgin en te groei -ontgin en te ontwikkel
beheer neem van jou eie ekonomie die ekonomie te groei van die grond af op - klink nie reg nie, dalk eerder: beheer neem van jou eie ekonomie en dit van die niet af te ontwikkel
Jy, gekoppel met die aksie - Jy, tesame met
op die regte manier - op die regte metode
en die sukses daarvan hang van jou - en die sukses daarvan, hang van jou
sameskepping - bedoel jy dalk samewerking?
5 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 23 ure oud


Indivineur
Sommer hier heel aan die begin baie baie insiggewend! En as ek so tussen die lyne lees, gaan dit oor die indivi(neur)du? En die "ekonomie" dus oor meer as net bloot geld.

Sien baie uit na jou volgende skrywes.
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae oud


Sterkte
Relevante onderwerp wat in 'n gemaklike geselstrant aangepak word - baie gepas vir die huidige ekonomiese toestand waarin ons ons bevind. Lekker skryf hieraan, Willem!
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 5 ure oud


Indivineur
Insiggewend! Dis werklik tyd dat ons hierdie faktore meer ernstig opneem. Baie dankie vir jou bydrae en ek sien uit na deel 2.
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar