Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Verander van loopbaan? Wat as dit 6 maande neem en jy dalk boetes moet betaal?

Beplan jou loopbaanskuif op die regte tyd en maak altyd seker dat jou loopbaan op die regte pad is. Die pad en toekoms wat jy beplan het. Die Internet is vol van raad oor loopbaanverandering en ek stem saam met meeste daarvan. Jy moet tog beheer neem van jou eie toekoms.

Maar, vir een oomblik wil ek het jy moet jouself voorstel dat wanneer jy ‘n loopbaanverandering maak, jy dieselfde prosesse en stappe moet volg as dit wat ‘n maatskappy moet volg wanneer hulle iemand moet afdank. As jy dit nie reg doen nie, moet jy dalk jou werkgewer 3 of tot selfs 6 maande se salaris terugbetaal vir dit wat hulle in jou verloor.

As dit waar was, hoe sou loopbaanbeplanning gelyk het of sou dit ooit bestaan? Sou dit dalk net bestaan binne die konteks van die maatskappy waarbinne jy werk en wat as die grootte van jou loopbaan bepaal word deur die grootte van die maatskappy waarbinne jy werk?

Ek sit hier en ek probeer myself voorstel hoe so ‘n wêreld moet lyk. Ek sien baie min produktiwiteit en motivering binne die mense wat daar werk. Tog is dit die realiteit wat menige maatskappy in die gesig staar. Ek verwys spesifiek na ‘n Suid-Afrikaanse konteks. As ‘n besigheid, moet ek oor sekere vaardighede beskik en dit beteken dat ek vining van rigting en strategie moet kan verander. Dit beteken ook dat baie van my hulpbronne moet kan verander. Jy kan nie iets nuuts probeer met ou goeters nie. Dit laat my dink aan die aanhaling: “Jy kan nie probleme oplos met dieselfde denkwyse wat jy gebruik het om hulle te skep nie”. Dieselfde kan gesê word van die mense wat in die maatskappy werk.

Ja, ek weet jy kan mense oplei en nog baie ander dinge doen, maar dit kan dalk te lank neem. Maatskappye moet maklik kan aanstel en maklik kan afdank. Mense wil maklik kan rondskuif, maar maatskappye werk onder ‘n ander stel reëls.

Die feit bly staan dat die wêreld besig is om vinniger en vinniger te verander. Markte verander oornag en die lewenssiklusse van produkte word korter en korter. Koppel dit met ‘n onstabiele ekonomiese uitkyk en dan het jy die perfekte resep vir die verdwyning van permanente indiensneming. Die eerste golf van hierdie era het in 2008 geland met die wêreldresessie. Baie posisies het gedurende daardie tyd verlore gegaan en daardie posisies kom nie noodwendig terug nie. Met ‘n tweede resessie wat oor ons koppe hang kan dit beteken dat permanente indiensneming nog skaarser gaan word.

As ‘n werknemer, ‘n individu, kan jy kies om die feit dat permanente indiensneming besig is om te verdwyn te vermy en jou oë toe te maak vir wat om jou aangaan en doen wat jy nog altyd gedoen het. Dit is jou keuse. Jy mag dalk net ‘n afdankingsbrief in jou toekoms te wagte wees.

Of anders kan jy kies om dit wat tans gebeur in die omgewing en omstandighede waarbinne jy funksioneer tot jou voordeel te gebruik. Jou indiensnemingsiklusse sal korter word en jy gaan mettertyd baie verskillende poste beklee, maar dit maak die deur oop vir meer kanse om te leer, om te groei as mens en meer aanpasbaar te raak in hierdie nuwe onstabiele wêreld waarbinne ons leef. In die langtermyn sal dit jou baat. Hoekom al jou eiers in een mandjie hê? Ek sal liewers baie verskillende mandjies wil hê. Dit is veiliger.

Jy sal jy meer en meer van jouself op ‘n daaglikse basis toepas en jy gaan meer en meer aspekte van jouself ontwikkel. Ek het self veelvuldige loopbane en maatskappye en ek is altyd opsoek na meer. Ek geniet wat ek elke dag doen,want ek pas elke dag meer van myself toe terwyl ek daagliks meer van myself ontdek ook. Ek leef ‘n vervulde lewe want ek doen nie altyd wat ek oorspronklik vir inkomste gedoen het nie en ontdek aanhoudend nuwe dinge wat ek vir ‘n inkomste kan doen. Dit is soos ‘n skattejag vir nuwe talente en vaardighede wat ek kan aanwend om ‘n beter finansiële toekoms vir my en my gesin te verseker.

Ek het oor ‘n lang periode ‘n program geskep en getoets wat jou leer hoe om nuwe maniere te ontdek om ‘n inkomste te skep om sodoende nie net te oorleef in hierdie nuwe wêreld nie maar te floreer, ek noem dit indivineur – geleentheid versneller. Net soos maatskappye, moet jy as individu ook kompeterend bly. Nie net in een area van jou lewe waar jy histories inkomste gemaak het nie, maar in die ontdekking van menige nuwe maniere. Jy skep jou eie oorvloed. Vir meer inligting oor indivineur besoek www.indivineur.com

Oor die skrywer

Die grootte van jou besigheid en die sukses daarvan hang van jou en die grootte van jou denke af; Willem Gous is ’n kenner op hierdie gebied, deurdat hy verskeie van sy eie maatskappye al vir meer as 15 jaar bedryf.

Hy help mense en besighede om daardie geleenthede raak te sien wat nie voor die hand liggend is nie en help hulle dan om daardie geleenthede te omskep in besighede wat die regte produk maak op die regte manier en in die kortste moontlike tyd. Sy indivineurskapmetode fokus op sameskepping wat risiko aansienlik verminder - hierdie spesifieke metode kan toegepas word op ‘n klein dorpie in Afrika, gemeenskappe en selfs besighede.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

WsW
Baie interessant feite, let net op die volgende - 3de paragraaf - "Vir een oomblik wil ek hê dat jy jouself moet voorstel..." daardie hele sin is ook bietjie lomp, kan dalk verdeel word in twee sinne?
Jy sal meer en meer van jouself op ‘n daaglikse basis kan toepas en jy gaan meer en meer aspekte van jouself ontwikkel.
5 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 14 ure oud


Dankie Kiekies
More Kiekies.

Baie dankie hiervoor. Ek sal alles in ag neem en verder skaaf aan dit.
5 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 17 ure oud


2
Ek het die volgende waargeneem, vir moontlike korreksie:

Maar, vir een oomblik wil ek - Probeer die sin herstruktureer om nie 'n nuwe paragraaf met "Maar" te begin nie.

As dit waar was, hoe sou loopbaanbeplanning gelyk het of sou dit ooit bestaan? Sou dit dalk net bestaan binne die konteks van die maatskappy waarbinne jy werk en wat as die grootte van jou loopbaan bepaal word deur die grootte van die maatskappy waarbinne jy werk? - as leser verstaan ek nie presies wat jy hier wil sê nie en wat beteken grootte van jou loopbaan?

Ek sien baie min produktiwiteit en motivering binne die mense wat daar werk - dalk eerder: Ek sien lae produktiwiteit van ongemotiveerde mense wat daar werk

Die eerste golf van hierdie era het in 2008 geland - Die eerste golf van hierdie era het in 2008 gebreek

2008 geland met die wêreldresessie - 2008 gebreek met die aanvang van 'n nuwe wêreldresessie

Baie posisies het gedurende - Baie werksgeleenthede het gedurende

meer kanse om te leer - meer geleentheid om te leer

Jy sal jy meer en meer - Jy sal meer en meer

Jy sal jy meer en meer van jouself op ‘n daaglikse basis toepas - wat presies bedoel jy?

program geskep en getoets wat jou leer hoe - program geskep en getoets, wat jou leer hoe

hierdie nuwe wêreld nie maar te - hierdie nuwe wêreld nie, maar te
5 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 5 ure oud


Indivineur 2
Dis baie waar wat jy se. Ons lewe in 'n tyd wat vinnig verander en mens moet kan aanpas. Baie dankie vir jou waardevolle bydrae, Willem. Ek is seker dat dit inslag sal vind by vele.
5 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar