Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My innerlike Lois Lane het baie vrae oor hierdie afskeid. Hoekom en waarom is heel bo-aan hierdie vraelys. Saam met baie ander wat niemand graag sal wil beantwoord nie.

My innerlike kind wil ‘n vloermoer gooi omdat ek nie my sin kan kry nie. Wat seker wys dat jy nooit te oud is vir ‘n pak slae nie.

My innerlike romantikus is seker daarvan dat ‘n ridder op ‘n wit perd (of dalk in ‘n bakkie) ingejaag gaan kom op die laaste oomblik en alles sal red. Dalk het ek weer ‘n oogtoets nodig om van hierdie rooskleurige lense onslae te raak.

My innerlike tiener het besluit om dikbek rond te loop en die heelal te blameer vir alles wat fout gaan. Miskien is ek eintlik die ouderdom van my fiktiewe vriende…?

My innerlike Narcissus dink dat hierdie afskeid net oor my gaan; dat as dit nie vir my was nie sou hierdie afskeid nooit plaasgevind het nie. Na alles het ‘n skrywer ‘n gesonde ego nodig, maar hierdie gaan ‘n bietjie té ver.

My innerlike ek, die heel kleinste skilpop, staan verslae en kyk hoe hierdie kortstondige verhouding tot ‘n einde kom. En daar’s niks wat ek vir haar kan sê om dinge beter te maak nie. Om afskeid te neem is deel van die lewe. Ongelukkig maak dit nie saak hoeveel keer jy dit doen nie, dit raak nooit makliker nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Afskeid
Nooit bloemieng ooit nie!! Ai ek sukkel met hierdie een.
3 jaar 9 maande 5 dae 17 ure oud


innerlike afskeid
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
3 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud


Afskeid
Mooi geskryf, enige idee hoekom Woes sluit?
3 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 1 uur oud


Innerlike Afskeid
Inderdaad!
3 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


innerlike
Afskid is maar altyd moeilik met baie vrae Ronel
3 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud



Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar