Rubrieke

Titel: Inspirasie
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Inspirasie om jou lewe, Huis, erf, omgeing, dorp, werksplek skoon te hou. Inspirasie om te respekteer.

As die Here my spaar en die krag gee en my stem hou sal ek bogenoemde diens op 02/02/2014 by die VG kerk op Barrydale hou en ek het dit goedgedink om dit met julle te deel.

Vandat ek laaste keer hier gepraat het was ek drie keer in die hospital, maar met die Here se genade staan ek weer hier voor julle omdat ek dankbaar is teenoor my God. Of julle dit wil hê of nie, ek is nou hier. Ek het laaskeer gesê ek sal gaan Bybels soek vir die mense wat nie het nie en ek het vanoggend hulle Bybels hier. Om by die hospital te kom het ek barmhartige samaritane wat my altyd help. So neem die een Samaritaan, Andre en Viana Voigt, by wie ek altyd oorbly in die Strand my Hospitaal toe en ek noem dat ek Bybels soek, sodat as hulle spaar Bybels het hulle dit dalk vir die doel sal afstaan . ‘n Dag later bel Andre my en sê hy het ‘n klomp nuwe Bybels wat hulle vir my skenk. Wonderlik hoe die Here werk ne.

Ek wil praat oor Noag se ark, dankbaarheid en respek.
Mens kan vra wat het Noag se ark met dankbaarheid en respek te doen?
Ons lees in die Bybel in Genises 6 tot 8 van Noag, die ark en die sonvloed. Ek gaan net ‘n klein stukkie daarvan aanhaal. God was ongelukkig met die mensdom op die aarde en het Noag wat ‘n regverdige man was in God se oë, opdrag gegee om ‘n ark te bou. God was dankbaar teenoor Noag dat hy ‘n goeie man was en wou hom en sy familie spaar. Ons ken seker almal die storie met al die diere wat in pare in die ark ingegaan het saam met Noag en sy familie.
     
Dink net daaraan “picture this ne” as die Here nou hier vir jou vandag ‘n opdrag gee om ‘n ark hier op Barrydale te bou. Wat sal jy doen. Wat sal jy doen as jy die geweldige skip hier op die plein begin bou en jou bure en verbygangers kom almal kyk en dryf die spot met jou. Hulle sal sê “Die outjie is mos van lotjie getik om so ‘n skip hier op Barrydale te bou ne.” “Waar dink hy gaan hy water kry om die skip te laat dryf in die droë kleinkaroo”, sal hulle sê en jou uitlag.
Waarom wil ek oor Noag en sy ark praat? Want alles wat mens in die lewe nodig het om te leer, kan jy eintlik van Noag se ark leer.
1.      Moenie die boot verpas nie. (maw. As iets gedoen moet word, doen dit, moenie hana, hana nie. Gryp geleenthede met albei hande aan)

2.      Onthou ons is almal in dieselfde boot. (maw. Dit wat jy in die lewe bereik of nie bereik nie is net dit wat jyself daarvan maak. Noag sou vergaan het saam met die ander mense op aarde as hy nie hand aan die wiel geslaan het, of sal ons se hand aan die boot geslaan het om die ark te bou)

3.      Beplan vooruit. (Dit het nie gereën toe Noag die ark begin bou het nie)

4.      Probeer verstandelik en liggaamlik fiks te leef sodat as jy oud begin raak en ‘n groot taak kom oor jou pad sal jy gereed wees daarvoor. (Noag was al oud toe die Here hom die opdrag gegee het om die ark te bou.)

5.      Moenie na afbrekende kritiek luister nie, gaan net aan met die werk wat gedoen moet word. (Daar was baie van Noag se vriende wat hom gespot en gekritiseer het, maar hy het net aangegaan met sy werk om die Here se opdrag uit te voer en die ark te bou.)

6.      Bou vir jou ‘n toekoms op hoë grond. ( Stel vir jouself hoë standarde of ‘n visie in die lewe en streef dit na met die beste van jou vermoë.)

7.      Vir veiligheid reis in pare met iemand wat jy met jou lewe en in Goddelike geloof kan vertrou. Die diere in die ark was tog almal pare. ( In vandag se gevaarlike omstandighede is dit juis so relevant, veral ons kinders wat so vermoor word deesdae.)

8.      Spoed is nie ‘n faktor nie. Slakke was saam met luiperds in die ark. (Maak nie saak hoe lank ‘n taak neem nie, maar doen dit ordentlik en nie oorhaastig nie, sodat jy nie foute maak nie.)

9.      Wanneer jy gestres of angstig is, dryf so ‘n bietjie, totdat jy weer vastigheid voel in jou lewe. ( Rus of ontspan bietjie as jy oormoeg is. Die ark het ook gedryf na die storms en reën totdat dit weer vaste grond onder hom gekry het.)

10.      Onthou die ark was gebou deur amateurs en die Titanic deur profesionele mense. (Die ark het bly dryf die Titanic het gesink. Maw. Die profesionele mense weet nie altyd alles nie en maak somtyds ook foute, maak eerder staat op wat God ons leer hoe om ‘n taak aan te pak)

11.      Die belangrikste is egter wees dankbaar, wees altyd in alles dankbaar.
Wat was die eerste ding wat Noag gedoen het toe hy uit die ark uitkom? In Genises 8 vers 20 Lees ons “En Noag het vir die Here ‘n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voels geneem en brandoffers op die altaar gebring. 21 En die Here het die lieflike geur geruik.” Maw. God was tevrede en gelukkig met Noag se danksegging.

Hoe het die seun van God, Jesus ons geleer hoe doen ons ‘n danksegging offerhande aan die Here? Ons bid en ons prys die Here.
Ons lees in Lukas 17 vanaf vers 11 Waar Jesus 10 melaatse manne genees het. Vers 15 “ En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ‘n groot stem verheerlik. En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was ‘n Samaritaan. (Hy was nie eens ‘n Jood nie. Samaritane was nie gerekende mense in daardie tyd nie. Jode het op hulle neergesien.)
     
Vers 17 Toe antwoord Jesus en sê, “Het tien nie rein geword nie En waar is die nege? 18 Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie? 19 En Hy sê vir hom staan op en gaan jou geloof het jou gered.”

Het jy al ‘n geskenk of iets gegee vir iemand en daardie persoon sê nie dankie daarvoor nie? Nie ‘n lekker gevoel nie ne.

12      Die heel belangrikste van alles is natuurlik dat Noag ‘n onwrikbare geloof in sy God gehad het en God gerespekteer het. Hy het alles gedoen presies soos God hom opdrag gegee het om te doen.

 Het ons nog in vandag se tyd nog Noag se onwrikbare geloof in ons God?

As God ons vra sal ons vir God ‘n ark bou? Sal ons vir God ‘n ark in Barrydale bou? Maw. Is ons bereid om die gespot van die bure, mense en ons vriende te verdra as ons se ons is kinders van die Here? Hoe kan ons vir God ‘n ark bou in Barrydale?
1.      Deur ander mense wat nog nie in God glo nie se harte oop te maak met God se woord en ontvanklik te maak vir die Here.
2.      Ons kan begin om skoon te leef. Hoe leef mens skoon? Deur selfrespek. As ons selfrespek kweek sal ons repek vir God en ons medemens in onsself kweek.

Respek vir God. Repek vir jou liggaam. Respek vir jou medemens. Respek vir jou omgewing waar jy werk, woon en bly.

 Om te woon en te werk in ‘n netjiese skoon woning, erf, omgewing, dorp, plaas, fabriek en werksplek laat eienaars, inwoners, werkers goed voel oor hulself, hul mede werkers en bestuurders. As jy goed voel oor jou woonplek, werksplek, jouself, jou mede werkers, jou bestuurders en jou Hemel Vader dan kweek jy:-

1)      Selfrespek (maw. Jy is te alle tye skoon en netjies op jouself en gebruik ordentlike taal waarmee jy andere aanspreek)

2)      Respek vir jou familie, medewerkers, medemense en bestuurders (maw. Jy behandel hulle soos wat jy verwag hulle jou moet behandel.)

3)      Respek vir die toerusting waarmee jy werk as jy vir iemand anders as jouself werk.(maw. Jy werk daarmee volgens die voorskrifte en behandel dit asof dit jou eie toerusting is waarmee jy werk en rapporteer dadelik as iets verkeerd is.)

4)      Respek vir dit wat jy vervaardig of waaraan jy werk. (maw. Jy vervaardig dit nie vir jouself nie en gevolglik nie jou eiendom om daarvan te neem nie. Jy werk daarmee op ‘n skoon en ordentlike wyse as dit kos is of as jy in ‘n reataurant werk, want ander mense moet dit in hulle mond sit om te eet.)

5)      As jy selfrespek het en bogenoemde riglyne volg sal jou Skepper en Hemel Vader ook respek hê teenoor jou en jy teenoor Hom.

Bou ‘n ark. Lei ander na die Here. Hou jou woonplek, jouself, werksplek, omgewing en verhouding met mede werkers, bestuurders en belangrikste, jou Skepper te alle tye netjies en skoon, dan sal jy ‘n gelukkige mens wees en ook gelukkig wees in jou huisgesin, werk en werksplek en jou werkgewer sal ook met jou gelukkig wees en die belangrikste is dat jou Skepper en Hemel Vader dan op Sy gelukkigste sal wees met jou.

‘n Gelukkige mens is ‘n dankbare, vreugdevolle, vriendelike en hulpvaardige mens. ‘n Gelukkige mens is ook ‘n gesonde mens. ‘n Swartgallige onbeskofte mens is ‘n siek mens. As jy God loof en prys vir jou seëninge sal Hy ook “ Die lifelike geur” van jou lofprysing ontvang. Kom ons bou 'n ark.
      30/01/2013

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Inspirasie
WOW Schatz hierdie is n uitmuntende rubriek.. soveel lesse te leer en ek kan ook net AMEN se.. dankie vir die deel daarvan!!
5 jaar 7 maande 1 week 6 dae 17 ure oud


Inspirasie
Hierdie is wonderlik inspirerend om n lieflike geur af te gee wat God laat glimlag en andere na hom te lok. Daar is gans te min Christene vandag met n lieflike geur. Ek glo jou lieflike geur gaan die mense van Barrydale inspireer.
5 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


Ano
Inspirasie
Kan net 'Amen' daarop se! Sterkte en ek vertrou dat jou stem hard en duidelik deur elke oor en hart gehoor sal word.
5 jaar 7 maande 3 weke 2 dae oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar