Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My hok is die afgelope twee weke gereeld oopgesluit en ek het weer gereeld kontak met mense gehad. Van die lughawe, tot gaan uiteet kon ek weer sien wat die menslike spesie aanvang. Op hierdie avontuur sien ek toe die nuutste liggaamlike verwikkelinge raak en kom toe agter die boepens is nou kastreer.

Ek weet vrouens kan nou rugby speel en selfs boks maar ek het die memo gemis wat gesê het dat hulle soos manlike toeskouers ook kan wees. Menigte vrouens van alle ouderdomme loop rond met die kleinste van hempies met hierdie pense wat uitsteek soos Loftus nie kon droom om te sien nie.

Hierdie nuwe sosiale gedrag word met absolute trots gedoen en ek kan net laatmiddag geselsprogramme hiervoor die skuld gee. Dit is hulle wat hierdie beweging begin het van “Jou lyf is pragtig, jy is spesiaal”.

Nou ek stem saam jy moet mense aanvaar vir wie hulle is maar dit gee jou nie ‘n lisensie om McDonald’s aandele oor die toonbank te koop nie.

So aan al hierdie miesies wat so rondloop kan ek die volgende riglyne gee. Soos wanneer jou ou of man net een te veel brandewyn gehad het en die grappe nou regtig vuil raak is dit dieselfde as jy uiterlike aanvaarding te ver vat. As jy meer as een keer per maand gevra word wanneer die baba kom is dit ook ‘n goeie teken dat jy dinge te ver vat.

Staan saam en besorg asseblief die boepens terug aan die manne, dit is een van die min dinge wat ons het wat nog nie deur ‘n “feminine side” verwoes is nie.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lossie boep uit
Ek stem saam dat tiener meisie met hul 9 maande boepies nie te hot lyk nie, maar los uit die boep. Vrouens is nurturers en ons tel maklik gewig op. Dit is in die meerderheid van ons se gene. Bitter min vrouens spring dit vry. Tyd vir gim het meeste nie, en het jy die tyd is dit te gevaarlik om te draf of te gaan gim na werk. het nie 'n boep nie, maar groot boude.
Ek sal nie self 'n boep laat uithang nie maar is bly vrouens het die guts om te se, ek is vet, en so what!
Ek geniet gewoonlik jou werk, maar hierdie sou ek by Willem Woes gaan aangee het as onaanvaarbare werk.
11 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar