Rubrieke

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek lief dit en deel dit graag! Geniet jul dag...en lekker lag!

GATIEP
Innie Hof
Regter: 'Hoe kan jy onskuldig pleit as 5 mense jou sien steel het?'
Gatiep: 'Djou Honour, ek kan dysende bring wat my nie gesien steel het nie!'

Gatiep se Voicemail
My bra, Gatiep is nie available nie.
Los djou naam en nomma en ek stuur vir djou a 'please call me'.

Gatiep innie skool
Juffrou vra vir Gatiep: 'Jou ma het 4 aartappels, julle is 9 kinders, hoeveel aartappels gaan elkeen kry?'
Gatiep: 'My ma's nie stupid nie, sy maak mash!'

Die tou
Gatiep sleep 'n tou die straat af en loop verby Maraai.
Maraai sê vir Gatiep: 'Hoekom sleep jy die tou?'
Gatiep: 'Het djy al 'n tou try stoot?'

The one and only
Gammat word aangekla dat hy vir Meraai 'n BIETS genoem het..
Tydens kruisverhoor sê Gammat: 'Djy't da' boe oppie balcony gastaan, en ek da' onner innie straat.'
'Ja,' sê Meraai.
'Daar was mos baie mense by djou oppie balcony,' sê Gammat.
'Ja,' sê Meraai.
'Nou hoe wiet djy dan ek het met djou gapraat?'
'Omlat ek die enigste BIETS daar was,' sê Meraai.

Selle ou storie
Die Regter kyk vir Gammat in die oog en sê:
'Dis nou die 6de jaar na mekaar dat jy in my hof in die beskuldigdebank staan.
''Djou honour,' sê Gammat, 'moenie vir my blame omlat jy nie promotion kan kry nie.'



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

'n Gatiep in die hof lewer klokslag 'n kwinkslag. Pleit nooit skuldig per se nie; altyd 'skuldig op rede, djou honor'.

Sal jou in my bundel moet inwerk?
7 jaar 1 maand 4 weke 12 ure oud


Issie my skryfwerk 'ie!
Kostelik!
7 jaar 2 maande 1 dag 12 ure oud


Het dit baie geniet!!
7 jaar 2 maande 1 dag 18 ure oud


Hahahahaha, ek is mal hieroor! My ma het juis nou die dag die volgende sms vir my gestuur: " Gatiep kyk vir oulaas na die oorskot van sy pel en sê: Ja, jy hettie mos innie hemel geglo nie, en jy hettie ook innie hel geglo nie...En hier lê jy nou.. All dressed up en no where to go!
7 jaar 2 maande 1 dag 22 ure oud


Lekker om 'n dag só te begin! Dankie baie!
7 jaar 2 maande 1 dag 23 ure oud


net wat ek nodig gehad het
7 jaar 2 maande 2 dae 1 uur oud


Dankie! Dit sit sommer vroeg 'n glimlag in my dag!
7 jaar 2 maande 2 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    n Vergane Era

    deur neels claasen

    n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar