Rubrieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die geloofwaardigheid van Jesus se opstanding ná sy kruisdood word deur moderne teoloë bevraagteken en afgemaak as presies die leuen waarvan in Matteus 28:11-15 vertel word, naamlik dat daar geen Jesus-opstanding was nie, maar dat Jesus se lyk in die nag deur sy dissipels gesteel is.
     Wat is dus die waarheid en wat is die leuen?
     Kom ons gaan terug na die Bybel toe, spesifiek na Lukas, die enkele Nieu-Testamentiese skrywer wat die grootste volume van die NT geskryf het.  Hy was boonop ʼn wetenskaplike, ʼn geleerde geneesheer, en nie ʼn Jood nie.
     In Lukas 1:1-4 staan die volgende:
     “Hooggeagte Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om 'n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.”
     In Handelinge 1:1-3 spreek Lukas die einste Teofilus (persoon wat vir God lief is) weer aan:
     “My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het. Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat.”
     Let mooi op na woorde soos “ooggetuies”, “noukeurig”, “betroubaar” en “onbetwisbaar”.  Lees dit saam met Johannes 21: 24 “Dit is die dissipel wat oor al hierdie dinge getuienis aflê en dit beskrywe het, en ons weet dat sy getuienis waar is.”
     Nee, wat!  Dát Jesus uit die dood opgestaan het, is die betroubare, onbetwisbare en waar getuienis van lewende ooggetuies wat Hom ná sy opstanding in verskyning na verskyning beleef het.  Dit was glad nie ʼn klomp “sielkundige” verskynings nie. Hulle het hulle dit nie verbeel nie.  Jesus het boonop vir Tomas in Johannes 20:27 gesê: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.”
     Dit is geloof-sake dié:  óf jy glo dit, óf jy glo dit nie.
     Die groot vraag vir enige Jesus-gelowige, enige Jesus-navolger, is egter nie net óf jy in Jesus se opstanding uit die dood glo nie, maar óf Jesus IN jou opgestaan het uit die doodsheid ook van (jou/my eie) liefdeloosheid, verbittering en onvergewensgesindheid.
     Die uitdaging is om vanuit hierdie soort opstanding soos Jesus te leef.
     Mag mense hulle vingers in jou en my wonde steek om ons egtheid te beleef soos Tomas met Jesus s’n? Of steek jy jou wonde liewers weg?
     Kan jy die goeie nuus (evangelie) van Jesus die Here vanuit die Skrif aan verwarde mense uitlê soos Jesus aan die Emmausgangers? Of is jou Skrif-kennis maar power? 
     Kan jy vir mense groet met ʼn opregte “vrede vir jou/julle” wanneer jy in hulle geselskap kom?  Of sê dat hulle nie bevrees hoef te wees nie?  Of maak jy met jou aankoms en teenwoordigheid geen verskil aan hulle onvrede of vrees nie?
     Kan jy vir moedeloses wat maar meganies teruggaan na hulle ou lewe toe, solank iets voorberei om hulle te voed, soos Jesus se ontbyt aan die vissers wat maar teruggegaan het na hulle visvang toe? Of gee jy nie om nie en skep dus nie die geleentheid vir hoop nie?
     So kan ons elke verskyning van Jesus ná sy dood toepas op ons elkeen se alledaagse lewe.
     Kom ons moedig mekaar aan om as mense te lewe IN WIE Jesus werklik opgestaan het soos wat Hy werklik uit sy liggaamlik-aardse dood opgestaan het.

▪ Johann Boshoff, skrywer van onder meer vier Jesus-boeke: Volg jy My!, Gee my Jesus, Hierdie Jesus en Jesus bid.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek is mal oor hierdie stuk!
...want ek moes al heelwat kere die Naam "Jesus" aanroep om te leef in tye wat ek moes sterf. Ek het die merke aan my liggaam (nou wel nie gate in my hande en voete en sy nie), om my te herinner daaraan in tye wat my geloof wil opgee.
5 jaar 2 maande 1 dag 5 ure oud


Dankie
Dankie Johann. Baie brawe skrywe, veral in hierdie "day and age" soos die Ingilse sê.

Ek het jou rubriek vreeslik geniet. Kort en kragtig en op die man af. Niks van hierdie teologiese gewaffle met groot Griekse of Latynse woorde nie. Deesdae is dit mode in die teologie om slegs oor een ding seker te wees en dit is dat ons oor niks seker mag wees nie.

Die opstanding is voorwaar een van die kernaspekte van die Christendom. As jy nie glo dat Jesus werklik opgestaan het nie (en dat daar geen beendere is vir argeoloë om te vind nie) kan mens myns insiens nie jouself 'n Christen noem nie.

Nogmaals dankie.
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


Inderdaad!
Hy het waarlik opgestaan. Ek glo dit elke dag meer en meer.

Die wat nie in Hom wil glo nie, sien Hom nie. As 'n mens nie wil sien nie, sien jy nie. Hy het ook nie aan diegene verskyn wat tóé nie in Hom wou glo nie. Wel tog aan Paulus later, ja ...daar mag nog wees, né?

Dankie Johann.


5 jaar 8 maande 2 weke 4 ure oud


Jesus het waarlik opgestaan!
Baie dankie vir hierdie skrywe van jou. Ek waardeer die netjiese aanbieding en sinvolle inhoud. Moenie ontmoedig word deur afbrekende kommentaar nie - dis nie almal wat weet van "Hy LEEF hier in my hart" nie . . .
5 jaar 8 maande 2 weke 6 ure oud


Dankie
dat jy darem probeer antwoord het. Jou antwoord stem ooreen met meeste mense wat in een of ander oorle skim (Krishna, Boeddha, ens) glo se antwoord op dieselfde vraag oor hulle helde. Nes hulle weet jy ook nie rêrig nie en nes hulle glo jy maar wat jy hoop waar is. Voorspoed met die dagdromery.
5 jaar 8 maande 2 weke 11 ure oud


Waar is Jesus nou?
en ek bedoel nou die regte een en nie een wat mens jou moet verbeel bestaan iewers in 'n sleg gedefinieerde hemel of 'n spook wat net aan sy uitverkorenes verskyn nie. Ek soek die vlees en bloed Jesus wat jy glo uit die dood opgewek is. Wat het van hom geword?
5 jaar 8 maande 2 weke 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Oak Seed

    deur Rachelle du Bois

    Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar