Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Skrywers het al baie groot betekenisvolle woorde neergepen.
Selfs die skrywers van die Bybel het onverganklike woorde neergepen.

Woorde soos:

“Waar een of meer in My naam bymekaar kom, daar is Ek.”

Hier is dit heel in ‘n religieuse bedoeling, maar deur my oë, is soortgelyke woorde altyd en ewig van toepassing op enige Kunstenaar/Skepper/ se werk ook.

Waar meer as een by my werk vergader, verteenwoordig dit ’n menigte.

Oor Kunstenaars, in al die vorme van Kuns, is al tot vervelens geskryf.

Hierdie fanfares het meestal slegs betrekking op die werk self, tog, soms ook oor die bydraer.
Die heldeverering kom meestal slegs die skepper en sy werke toe.


Deur my oog sien ek anders, word ander emosies en gewaarwordinge in my opgewek.

Ek kyk na die betrokke Kunstenaar, luister, sien, ervaar sy meesterstuk.
My oog deurdring sy wese klinies en my mes sny oop om na die binnekant te kyk.

Wie en wat skuil binne daardie wese?
En
Die grootste vraag:

“Wie was die skepper(s) van hierdie besondere kunstenaar met hierdie God gegewe talent en vermoë?

Dalk sien die Katolieke geloof die ding reg .
Dalk is dit verkeerd om die “geboreseun” te vereer, maar wel die Skepper, moeder, van agter die skadus te lig en haar te vereer.

Gun my asseblief ’n oomblik.
Ons poog almal die Kunsding aan.

Ek verwys na Joan se rubriek:

Babsfontein en Hansie Roodt.

Ek verwys na haar seun, Mauritz Lotz, wie absoluut geen bekendstelling nodig het nie.

Ek buig in erkenning oor na Joan en Maurits se vader/ grondlegger en insprasie.

Mauritz sal as kunstenaar nooit dood nie.

Joan,in my oë, jy ook nie.

Dankie vir die rubriek en insae in ’n diep persoonlike saak.

Uit jou is gebore ’n juweel, verder gepoleer deur jou wyse sielvolle moeders voorskoot.

Die Kunste lewe
Lank lewe die kunste!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Babsfontein
Dankie Willie vir jou ode aan Mo en Joan...en natuurlik ook vir oorlede Hentie, Mo se pa. Die skoon familie is inderdaad talentvolle mense met baie gawes...Joan kan mooi sing so ook my vrou wat die oudste is, sy is ook goed met kuns, so ook Heinrich die oudste seun, Leoni, die jongste is ook goed met musiek en kuns. Ons sal moet reel dat jy vir Mo ontmoet. Ek is natuurlik baie trots op hulle!
Groete en ek hoop jy kom goed aan die herstel...wag nou net op daai knieg.
8 jaar 4 maande 3 weke 6 ure oud


Ek buig saam!
Dankie Oom Wolfie dat jy hier kom doen het wat ons almal behoort te gedoen het.
8 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 20 ure oud


Joan
Bravo Willie.
Ons kan net be-aam.
Nie net vir die pragtige werke nie maar vir die persoonlike blootstelling wat daarmee saamgaan. Die trots moed en ook eerlikheid.
8 jaar 4 maande 4 weke 3 ure oud


rex
Joan Lotz ...
Bravo!!!! Ook vir jou, Wolfie!
8 jaar 4 maande 4 weke 22 ure oud


Sjoe, Willie, baie dankie!!
Laat jy elke haar(waarvan daar so min oor is) penregop staan oor my lyf...vol hoendervleis vir hierdie pragtige woorde, Willie en waarvoor ek kniebuigend, met erkenning, eer en dank aan my Meester, baie dankie sê...dis nie elkedag dat vader, moeder en seun saam vereer word nie...ek was net 'n klein instrument, die kokonomhulsel van hierdie fenominale talent, maar 'n baie geseënde deel van Mauritz se prestasies vandag. Ek waardeer dit opreg! Lank lewe die kunste!
Geseend is die wat weet en verstaan, dat niks gebeur sonder God se goedkeuring en liefde en die talent ruimskoots aan Mauritz, deur Hom moontlik gemaak is en steeds groei!
8 jaar 4 maande 4 weke 22 ure oud



DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar