Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is verbasend hoe mense iets automaties begin aanvaar as reg omdat die meerderheid dit doen. Vroeer die week het ek kommentaar ontvang oor hoe ek nie net in 'n verhouding inspring met die man wat belangstel nie en my gedagtes was die volgende:

'n Verhouding is 'n wonderlike bederf om in jou lewe te he maar dit moenie forseer of gejaag word nie andersins gaan dit nie uitwerk nie. Die mens is so bang vir alleen wees dat hulle te vinnig spring vir die eerste persoon waarmee hulle halfpad iets in gemeen het. Dit is nie noodwendig sleg om mense so die kans te gee nie maar jou hart is 'n skatkis wat werklik weggesteek moet word tot die regte een hom kom haal.

Liefde moet oral versprei word ja maar die liefdetussen 2 harte is nie daar om te mors of te deel nie. Daardie 1 plekkie in jou hart is lankal reeds bespreuk vir die 1 wat jou hart gaan kom oorneem.

En dan laastens, die lewe gaan oor soveel meer as net verhoudings. Vind eers uit van watse stofasie jy as mens gemaak is voordat jy begin soek vir jou ander helfde. Maak eers 'n sukses van jouself en bereik alles wat jy wil bereik. Jou sukses en waarde word nie bepaal deur 'n verhouding nie.

Dit is werklik nie doodsake om nie in 'n verhouding te wees nie. Dit maak nie van jou 'n slegte, onaantreklike of onaangename persoon nie. Dit beteken net dat jy wag vir wat jou toekom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skat
Wysheid sowaar!
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 23 ure oud


skatkis
Ware woorde, elkeen sal sy maat vind wanneer dit so moet wees.
4 jaar 8 maande 3 weke 16 ure oud



Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar