Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wind en tyd het die wit verf aan die buitekant van Joy se nederige huis al afgetrek en binne-in is dit donker vir middel van die dag. “Ik hou maar die ligte af om power te spaar” sê sy terwyl sy vir ons tee uit die geel erdeketel skink. Daar is nie plek vir ons om te sit nie, die sitkamerbank lê volgepak met haar borduurwerk wat sy Woensdae by die mark vir ‘n ekstra inkomste smous. Nr 14, 14de Laan Da Gama Park was nie net ‘n gewone adres in die Kaap vir huiswerker Joy Huhner nie. Dit was die adres van die eerste familie wat haar as 25 jarige indiens geneem het . Ek was ‘n jaar oud in 1972 toe ons Transvaal toe getrek het en Joy in die Kaap agter gebly het. Sy het teen daardie tyd reeds vyf jaar vir ons gewerk. Veertig jaar later bel sy nogsteeds my ma op haar verjaarsdag. Vandag het ek die wonder in my oor die besonderse bellery kom stil maak.

Laas Donderdag oggend in Kommetjie sien ek haar weer na al die jare, wag sy my in by die plaaslike Polisie stasie. Ons het oor die foon afgespreek dat ek haar daar oplaai om my die rigting aan te wys na haar huis bo teen die bult. “ Kyk uit vir my in ‘n rooi baadjie en navy romp , ik hiet gewiet die Jiri gaan ons weer bymekaar uitbring, ik het geweet” . By haar nederige huis gestop loer die bure nuuskierig oor die muur om my te groet. Ek vermoed hierdie mense ken my reeds lankal . Ek begin haar uitvra oor baie jare gelede , die storie het stuk vir stuk helder in haar los gekom: “ 26 Januarie 1967 was my eerste werksdag by julle. Dit was half twaalf die middag toe jou ma my op Simonstad se stasie met ‘n blou Volkswagen Variant Stasiewa kom oplaai. Oppad huis toe vra sy of ek rook en drink. Ek sê toe by ‘n partytjie drink ek tot ‘n mate maar thats it. Ek rook maar sal nie voor die kinders rook nie. Ek het myself gesien as ‘n bediende, dit was my plek. Ek was maar Vyf minute in haar motor toe voel ek reeds soos deel van die familie. Word ek as ‘n gelyke mens aanvaar. Ek het haar aangespreek as mevrou nie miesies nie.

By die huis gestop het sy die yskas oopgemaak, vir my gesê jy is seker honger, kry vir jou eiers en brood. Daar is die ketel maak vir jou koffie. Ek het my eie sleutel vir die huis gekry. Jou ma was nuut in die Kaap, jonk en die kinders nog klein. Jou pa het vir lang weke op see uitgegaan en jou ouma het vêr in Brits gewoon. Die Kaap se koue, nat winters was vir haar eensaam en alleen. Daar waar sy nie kon raakvat of trap nie het ek dit vir haar gedoen. My eie ma was oorlede toe ek agt jaar oud was en my pa kort daarna. Vir my was sy die familie wat ek op vroeëre ouderdom verloor het. Wejy ek het nie die werksure getel nie. Ek het dit so geniet om daar te werk. Woensdae het ons die motor gehad, dan het ek en sy sommer koers ingekies dorp toe. In die aande by die kombuistafel saam gesit en bid. Ek was nie toegelaat in die dorpsbiblioteek nie, sy het vir my boeke uitgeneem om te lees. My tonsels het baie gepla. As ek siek was het sy my dokter toe gevat, in die bed gesit en vir my sop gemaak tot ek gesond was. Op haar rekening skoene by Cuthberts aangeskaf. Peter Stuyesant sigarette vir my gekoop. Die middag in 1972 toe die treklorrie voor julle huis geparkeer staan het onse twee saam gehuil totdat die ketel op die stoof leeg kook. “Jy was so alles vir my” onthou ek nog jou ma se woorde. Mevrou hierdie is nie koebaai nie, het ek haar probeer troos. “

Net voor ek weer die pad vat druk Joy haar kop by my afgedraaide motorruit in: “Jislaaitkit Petro ek en jy moet nog Michael Schumacher se rooi Ferari in Monaco uittoets hoor jy. Dis afgespreek hoor jy.” Terwyl ek die straat af verdwyn hou ek haar in die tru’spieël dop. Agter haar ets Slangkop haar heeltemal te lank en lenig af vir ‘n vrou van 71jaar. Met haar een hand keer sy die kwaai Suid-Oos wat aan haar romp pluk, die ander waai groetend in die lug agterna. Nou verstaan ek die storie van liefde en omgee oor kleurgrense heen in ‘n tyd toe “Slegs Blankes ” borde op publieke strande, by dorpsbiblioteke en winkels onregverdiglik toegang beheer het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

JOY IS NIE 'N KOEBAAI MENS NIE
Werklik baie goed geskryf. Ek leef sommer weer hierin saam my Kaapse mense!
7 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 4 ure oud


Joy
Bravo! Bravo! Wonderlike storie oor wonderlike mense wat die wonder van liefde ken!
7 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud


...
Ja..dis 'n diep storie die. Pragtig!
7 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar