Projek: PROJEK – Ode aan bekende kunstenaars (2015-09-16 tot 2015-09-29)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 301
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 21 Sep 2015
Daar word gespekuleer dat Tolkien se baie avonture as kind daartoe gelei het dat hy ‘n skrywer geword het. Nie net het hy “Middle-Earth” geskep nie, maar ook ‘n taal van sy eie wat hy in sy skryfwerk gebruik het.
Teen die tyd wat hy “The Lord of the Rings” uitgegee het in die 1950’s, was fantasie nie ‘n goeie verkoper nie. Dit was met geluk (en die hulp van ‘n vriend in die bedryf) dat “The Lord of the Rings” as ‘n trilogie uitgegee is.
Dit het nie goed verkoop nie.
Totdat die geluksgodin geglimlag het en iemand (sonder Tolkien se toestemming) dit weer uitgegee het in Amerika.
Skielik het almal daaroor gepraat. En hoe meer daar gepraat is, hoe meer verkope het plaasgevind. Die (Engels-sprekende) wêreld was verdeel in twee: dié wat die trilogie gelees het en dié wat dit nog gaan lees.
Tolkien se ander werke (“The Hobbit” en agt ander boeke) was dadelik in groot aanvraag. [11 ander boeke van hom is uitgegee na sy dood in 1973.]
As gevolg hiervan het “high fantasy” soos “Middle-Earth” en selfs stories met bonatuurlike aspekte baie aanhangers gekry. Nuwe deure het vir baie skrywers oop gegaan.
Dit is hoekom Tolkien as die vader van modern fantasie geken word.
[“The Hobbit” en “The Lord of the Rings” is in verskeie flieks gemaak asook rekenaar speletjies – verskeie wat selfs net oor “Middle-Earth” gaan.]
Dis wonderlike inspirasie vir skrywers soos ek wat met feëverhale, “Narnia”, “Middle-Earth” en “Hogwarts” groot geword het. Nou kan ons in Tolkien se voetspore volg en dalk eendag sal ander in ons s’n volg…
Lees ander rubrieke deur Ronel Janse van Vuuren
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur neels claasen
Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word
Toe hy 'n (besonders lang) deel klaargeskryf het, stuur hy dit aan sy seun, wat in Suid-Afrika by die RAF diens gedoen het, vir goedkeuring.
Daar word berig dat sy seun hom met klare woorde uitgeskel het, omdat hy honderde bladsye oor etlike weke en duisende seemyle vol duitse oorlogsskepe gestuur het. Eenvoudig so. Sonder om self 'n kopie te hê!
Maar, soos ons sien, dit het aangekom.
GvT c];o)